Drie Namibiërs na Londen om smokkelary te pak

Prins maak voorbrand

10 October 2018 | Omgewing
Francoise Steynberg - Die Britse regering se vierde Konferensie in Onwettige Wildhandel (IWT), wat Donderdag en Vrydag in Londen plaasvind, sal die grootste in sy soort ooit wees.

Die konferensie sal volgens die Britse regering deur meer as 'n 1 000 afgevaardigdes bygewoon word. Altesaam 84 lande het bevestig hulle sal afvaardigings stuur, met 26 uit Afrika, 14 uit die Amerikas, 17 uit Asië en Oseanië, 23 uit Europa en vier uit die Midde-Ooste.

Uit Namibië sal die ministerie van die omgewing en toerisme verteenwoordig word deur die minister, mnr. Pohamba Shifeta, die direkteur van parke en wildlewe, mnr. Colgar Sikopo, en me. Elly Hamunyela, die direkteur van wetenskaplike dienste.

Die konferensie fokus op drie temas: Die stryd teen onwettige wildhandel as georganiseerde misdaad deur wetstoepassing te versterk, die bou van koalisies tussen die private sektor, nieregeringsorgasnisasies en akademici, en die sluit van onwettige wildproduktemarkte, asook die versterking van die Chinese verbod op ivoorhandel.

Die Britse department van internasionale ontwikkeling het Sondag 'n bykomende £6 miljoen (sowat N$117,2 miljoen teen die huidige wisselkoers) aan die IWT-fonds beskikbaar gemaak om sommige van die wêreld se mees ikoniese bedreigde spesies, soos die renoster, olifant en ietermagô, te beskerm.

Die bykomende befondsing vir die IWT-fonds, bestuur deur die department van die omgewing, voedsel en landelike sake (Defra) sal help om oorgrens "groen korridors" vir wild te ontwikkel deur ekonomiese en sekuriteitsvoordele vir gemeenskappe te ondersteun.

Die Britse eerste minister, me. Theresa May, sal die konferensie Donderdag amptelik open.

Sedert 2014 ondersteun Defra die IWT-fonds met 'n verskeidenheid projekte wêreldwyd om onwettige wildhandel te bekamp.

Dit sluit in faktore wat die aanvraag vir wildsmokkelary verhoog, asook steun om wetstoepassing te verbeter en misdadigers voor die gereg te daag.

Die omgewingsekretaris, mnr. Michael Gove, sê: "Omgewingsuitdagings respekteer nie grense nie en vereis gekoördineerde internasionale optrede.”

Prins William het Namibië in September besoek om voorbrand vir die konferensie te maak.

Soortgelyk

 

Pas jou rug op

12 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - Môre word Wêreldruggraatdag met die tema “Wees lief vir jou ruggraat” gevier. Lede van die Namibiese Chiropraktisynsvereniging en van hul pasiënte het...

Kleurryke Pik Botha sterf op 86

12 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Die afgelope naweek is selfs in die internasionale nuus wyd berig oor die afsterwe van die kleurryke en legendariese voormalige minister van...

Onwettige sandmyne se dae getel

12 ure gelede | Misdaad

Kenya Kambowe - Die omgewingskommissaris se kantoor is tans besig met die wysiging van omgewingsregulasies om hulle minder dubbelsinnig te maak en suksesvolle vervolgings te...

Ichingo Chobe River Lodge wen weer

12 ure gelede | In beeld

Ichingo Chobe River Lodge in die Zambezistreek is vir die tweede agtereenvolgende jaar tydens die Wêreldreistoekennings as die beste tentsafarikamp in Namibië aangewys. Die 2018-toekennings...

Namibië deel van vlootsimposium

12 ure gelede | Ministeries

Die senior verdedigingsbeampte en verdedigingsattaché vir die Amerikaanse ambassade in Windhoek, lt.kol. John Lacy, het verlede maand die Namibiese vlootbevelvoerder, skout-admiraal Sinsy Nghipandua, na die...

Weer vir 12 Oktober 2018

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre noordelike streke. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloe­dig warm wees met enkele buie in...

Drie sterf in ongelukke

12 ure gelede | Ongelukke

Drie mense het hul lewens die naweek in motorongelukke en ’n treinongeluk verloor. In ’n kop-teen-kop-botsing op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund is ’n...

Sossusvlei Desert Lodge beste safari-lodge

12 ure gelede | In beeld

&Beyond Sossusvlei Desert Lodge is as die beste safari-lodge in Namibië tydens die Wêreldreistoekennings aangewys. In 2016 het dié luukse safari-lodge ook met hierdie toekenning...

Kamushinda van vuilspel beskuldig

12 ure gelede | Howe

Catherine Sasman - Namibië se hooggeregshof het verlede Dinsdag uitspraak voorbehou in die saak waarin Zimbabwe se Metropolitan Bank en World Eagle Investment (Pty) Ltd...