Drie mense die naweek doodgery
Drie mense die naweek doodgery

Drie mense die naweek doodgery

Tanja Bause
Tanja Bause - ’n Man (25) het Saterdag omstreeks 15:42 in ‘n voertuigongeluk buite Walvisbaai gesterf.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voertuig met vyf insittendes van die pad agter die duine tussen Swakopmund en Walvisbaai gebruik gemaak.

Die bestuurder het glo naby die Duin 7-afdraai beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan.

Mnr. Kaunda Simbinde is op slag dood. Die ander vier passasiers, wat tussen 23 en 25 oud is, is lig beseer.

Sondag is die eenjarige Trophimus Naluwe omstreeks 19:00 in die Odibo-nedersetting deur ’n bakkie doodgery. Die polisieondersoek duur voort.

Mnr. Johannes Elifas (25) is Saterdag omstreeks 03:30 op die hoofpad tussen Ondangwa en Omuthiya doodgery. Volgens die polisie wou hy oor die straat hardloop toe hy gestamp is. Hy het op die toneel gesterf.

Sondag is ’n onbekende man op die B1 tussen Mariental en Kalkrand doodgery. Die man het glo in die pad gelê toe ’n voertuig, wat ’n perdesleepwa gesleep het, hom doodgery het.

Omdat die man reeds in die pad gelê het, kon die bestuurder die ongeluk nie vermy nie, het die polisie gesê.

Die man is nog nie geïdentifiseer nie.

In die Okatope-nedersetting in Ohangwena het die bestuurder van ’n voertuig beheer verloor en die voertuig het omgeslaan. Die bestuurder, wie se naasbestaandes nog nie daarvan in kennis gestel is nie, het op die toneel gesterf.

Hy was alleen in die voertuig en was ’n adjudant-offisier in die Direktoraat vir die Beskerming van Belangrike Persone (VIPP).

Op die grondpad tussen Ondjombojorukune en Okaotjove het ’n bestuurder beheer oor ’n voertuig verloor ná die voertuig se voorste band gebars het en die voertuig omgeslaan het.

Mnr. Abuid Kaputuaza (33), ’n passasier in die voertuig, het gesterf.

Volgens die polisie het die bestuurder nie ’n rybewys nie.

Vroeg Sondagoggend was twee voertuie op die hoek van Rikumbi Kandanga- en Sesde Straat in ’n ongeluk betrokke.

Beide bestuurders is ernstig beseer, maar verkeer in ’n stabiele toestand.

’n Klag van bestuur sonder ’n rybewys is teen die 22-jarige bestuurder van die Nissan aanhangig gemaak en word ondersoek.

Die bestuurder het glo sy ma se voertuig sonder haar toestemming gebruik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!