Drie meisies verdrink in sandputte
Die Namibiese polisie in die Ohangwenastreek het ‘n beroep op kontrakteurs gedoen om sandputte toe te stoot wat geskep is met die uitgrawe van sand vir konstruksie. Dit volg nadat drie kinders vandeesweek in soortgelyk putte in die streek verdrink het. Twee van die kinders was susters.
Volgens adj. offisier Kaume Iitumba het ‘n 11-jarige meisie verdrink nadat sy water uit ‘n sandput gaan haal het wat deur kontrakteurs by Omufitu waNakashole agtergelaat is.
Die volgende dag het die susters Julia en
Elizabeth Naluwe, onderskeidelik 13- en 15-jaar oud, by die Onamwilwa-nedersetting op soortgelyke wyse verdrink. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie