Drie meisies op Aranos verkrag
Drie minderjarige meisies is die afgelope naweek in afsonderlike gevalle in Aranos verkrag. ’n Veertien-jarige meisie is Vrydag na bewering in die Nuwerus nedersetting deur ’n 15-jarige seun verkrag, terwyl 'n 15-jarige meisie op dieselfde dag in dieselfde nedersetting glo deur 'n seun van 18 verkrag is. Saterdag is ’n 15-jarige meisie na bewering in die Saamstaan-nedersetting op die dorp verkrag.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie