Drie mans vas oor ivoor
Drie mans vas oor ivoor

Drie mans vas oor ivoor

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Drie Namibiese mans (48, 33 en 29) is vanoggend met olifanttande in hul besit by 'n vulstasie op Otjiwarongo betrap.

Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder in die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, is die drie omstreeks 06:30 in hegtenis geneem.

"Die olifanttande is in 13 stukkies opgesny en was in 'n sak versteek," het Mbeha aan Republikein gesê

“Ons het hulle betrap toe hulle die ivoor by die vulstasie aan 'n koper in die dorp wou verkoop," het Mbeha gesê.

Volgens haar is twee van die verdagtes van kusdorpe afkomstig en een van Otjiwarongo.

Sy sê die drie sal Donderdag in die landdroshof op Otjiwarongo op klagte van die onwettige besit van en handel in beskermde wildspesies verskyn.

Die polisieondersoek duur voort.

Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!