Drie mans vas oor ietermagôvel
Die grootste smokkelsaak van dié gesogte produk in Asië is oopgekrap met tussen 5 000 en 7 500 van dié bedreigde spesie wat gestroop is.
Francoise Steynberg
Drie Namibiese mans is verlede Vrydag in Windhoek in verband met die onwettige besit van 'n ietermagôvel en die handel in bedreigde spesies in hegtenis geneem.
Die waarnemende woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Tashiya Kadhila, het gesê mnre. Johannes Reinhold (32), Petrus Iikela en Amunyela Reinhold, is omstreeks 19:15 by 'n brug langs die westelike verbypad in hegtenis geneem toe hulle probeer het om die vel te verkoop.
“Hulle het gedink hulle verkoop die ietermagôvel aan verbygangers wat toe eintlik polisiebeamptes aan diens was,” het Kadhila gesê.
“Een van die verdagtes het van die polisie weggehardloop toe hulle hom in hegtenis probeer neem het en hy is in die regterbeen geskiet.”
Die beskuldigdes het Dinsdag in die landdroshof in Katutura verskyn en het borgtog van N$1 000 elk gekry. Die saak is tot 22 Maart 2017 uitgestel
'n Chinese man wat met 'n ietermagôvel in sy besit op Katima Mulilo betrap is, het onlangs in die hof op dié dorp skuld erken.
Zheng Tiqiang (36) is deur landdros Vincent Nzaca tot vyf jaar gevangenisstraf of 'n boete van N$20 000 gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op 'n klag van die besit van beheerde wildprodukte.
DRIE TON IN CHINA GEVIND
Intussen is op 10 Desember beslag gelê op 'n vraghouer met drie ton ietermagôvelle wat van Nigerië na Sjanghai in China gesmokkel is. Drie mense wat met ietermagôvelle smokkel, is deur Chinese doeanebeamptes in die hawe gevang, berig pangolinconservation.org.
Dit is die grootste smokkelsaak van ietermagôvelle ooit. Die vraghouers het 101 sakke vol velle bevat wat onder hout versteek was. Dit word beraam dat tussen 5 000 en 7 500 ietermagô's, 'n hoogs bedreigde spesie, gestroop moes word om 3,1 ton velle te produseer.
Ietermagô's is een van die mees gesmokkelde soogdiere in Asië en Afrika en groot in aanvraag in Sentraal-, Oos- en Suidoos-Asië, volgens Wêreld Wildlewe. Die vleis is 'n lekkerny en die velle word vir tradisionele medisyne gebruik. Dit word geglo dat ietermagôvelle gesondheidsvoordele inhou, soos om bloedsirkulasie te verbeter en vroue te help wat borsvoed. - Eie berig, Nampa en pangolinconservation.org

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie