Drie kinders verdrink
Drie kinders het die naweek verdrink.
Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het Ndamono Nangolo (1 jaar en vyf maande) Vrydag omstreeks 13:30 in 'n emmer tradisionele drank verdrink.
Die voorval het omstreeks 13:30 in die Okafitukasisia-nedersetting naby Outapi in die Omusatistreek plaasgevind.
Sondag het nóg 'n kind in 'n emmer verdrink. Die eenjarige Jackson Nghitotelwa se liggaam is omstreeks 19:35 in 'n emmer water in die Eengonyo-nedersetting naby Eenhana gevind.
Ook op Sondag het die agtjarige Shoombe Tangeni omstreeks 16:00 in die Okaloko-nedersetting naby Okahao in die Omusatistreeks in 'n waterput verdrink nadat hy en ander kinders na beeste gesoek het.
"Geen vuilspel word vermoed nie," lui die polisieverslag.
Die polisie se ondersoek na al die sake duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie