Drie jong kinders doodgery
In vier tragiese padvoorvalle is drie kinders die naweek doodgery en 'n seun is in 'n motorfietongeluk ernstig beseer.
In die eerste voorval van die naweek is 'n eenjarige peuter Vrydagmiddag in Kuisebmond op Walvisbaai doodgery. Volgens die polisie se weeklikse misdaadverslag het die peuter onder 'n geparkeerde motor ingekruip en toe die 32-jarige bestuurder die voertuig aanskakel en ry, het die baba onder die wiele beland en gesterf.
Dieselfde aand omstreeks halfagt is 'n tweejarige meisietjie op Oshakati deur 'n 35-jarige inwoner van die Ompumbu-woonbuurt doodgery toe sy oor die pad geloop het.
Dié inwoner beskik skynbaar nie oor 'n rybewys nie. Hy is van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur, en bestuur sonder 'n rybewys aangekla.
Vroeg Saterdagaand is 'n 13-jarige seun op Swakopmund ernstig beseer toe hy naby sy ouerhuis in Ocean View met 'n motorfiets teen die grensmuur van 'n ander huis vasgery het. Hy is na die Cottage private hospitaal geneem waar hy behandel word. Die seun se pa, aan wie die motorfiets behoort, is intussen deur die verkeersbeamptes op die dorp beboet.
Sondagoggend is die sewejarige Paulina Penehafo Peter in die Turungeni-woonbuurt op Rundu in 'n tref-en-trap-ongeluk doodgery deur 'n man wat eweneens nie oor 'n rybewys beskik nie.
Volgens die polisie het die beskuldigde 'n stopteken verontagsaam.
Die man het, toe hy die meisie tref, ook nie stilgehou om hulp te verleen nie.
Vier klagte, waaronder strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur, is teen hom ingedien nadat hy gearresteer is.
Die ander twee klagte is dat hy sonder 'n rybewus bestuur het en versuim het om op die ongelukstoneel bystand te verleen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie