Drie grotes maak nuwe albums
Josh Groban, David Guetta en Michael Bublé het al drie skouer aan die wiel gesit en spog met nuwe albums. Groban en Guetta se albums is vandeesweek uitgereik, maar vir Bublé s’n moet nog 16 November gewag word.
Bridges is Groban se agtste ateljeealbum. Die luukse uitgawe sal twee bonussnitte hê.
Dit is Groban se eerste album sedert 2013 wat oorspronklike musiek insluit. Hy sing in verskillende tale – Engels, Frans, Italiaans en Spaans en daar is ook duette op die album.
Groban is ook akteur. Hy is nou ook te sien in The Good Cop, ’n nuwe polisiereeks van Netflix waarin hy teenoor Tony Danza speel.
Guetta het twee jaar lank aan sy nuwe album, 7, met elektroniese pop-liedjies gewerk. Dit word in ’n stel van twee uitgegee met underground-dansmusiek op die ander een. Laasgenoemde word uitgegee onder Guetta se skuilnaam, Black Jack, ’n naam wat hy eers onlangs bekend gemaak het.
Die album word net met die syfer aangedui – eenvoudig omdat dit sy sewende album is. Hy beskou dié syfer ook as ’n gelukkige nommer.
Van die treffers op die album sluit in “2U” met Justin Bieber, “Flames” met Sia en “Don’t Leave Me Alone” met Anne-Marie.
Die Kanadese sanger en liedjieskrywer Bublé se eerste ateljeealbum in twee jaar het die eienaardige titel wat uit ’n hart-simbool en ’n vierkant bestaan en liefde simboliseer. Die treffer “When I Fall In Love” is daarop en die musiekvideo is reeds op YouTube. Die ander lied om na uit te sien is ’n verwerking van Rogers & Hart se “My Funny Valentine.”
Dit is sy agtste album en hy sê dit is sy mees romantiese nog. Dit is sy eerste album nadat hy twee jaar lank uit die bedryf was om meer tyd saam met sy gesin deur te bring.
Bublé het al meer as 60 miljoen albums wêreldwyd verkoop en vier Grammy’s gewen. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie