Drie DRK-soldate vermoor
'n Suid-Afrikaanse gepantserde militêre voertuig wat aan die Verenigde Nasies se sending (Monusco) in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) behoort, patroleer die strate van Munzambayi, naby Beni. Drie DRK-soldate is vandeesweek dood toe hulle 'n aanval in die oostelike Benistreek deur die ADF Ugandese Islamitiese rebelle afgeweer het. Hulle word daarvan verdink dat hulle 14 VN-vredebewaarders verlede maand vermoor het. Die Kongolese owerhede en Monusco beskuldig die groep daarvan dat hulle meer as 700 burgerlikes sedert 2014 in die Benistreek vermoor het. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie