Drie dood, 31 beseer
'n Gru-ongeluk tussen 'n bus van Coleman Transport op Rosh Pinah en 'n bakkie het gistermiddag die lewe van drie mense geëis. Die kop-teen-kopbotsing het 110 km buite Mariental op die pad na Keetmanshoop plaasgevind. Na bewering het 'n band van die bus gebars. Volgens Coleman Transport was daar 55 mense in die bus, wat werkers van die Skorpion-myn na Windhoek vervoer het. Teen druktyd het die getal sterftes op drie gestaan, terwyl 31 beseer is. FOTO's VERSKAF
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie