Drie dae, sewe kinders glo verkrag
Drie dae, sewe kinders glo verkrag

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste slagoffers in Namibië se voortgesette vlaag van kinderverkragtings geword.

In die geval van die jongste slagoffer is die vierjarige meisie glo die afgelope twee maande deur haar 32-jarige oom op die plaas Omgoromoroshiwa in die Hochfelddistrik verkrag.

Die meisie het by die oom gebly en volgens die polisie se jongste misdaadverslag verkeer sy tans in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

Saterdag het ’n negejarige seun in die Ozondati-nedersetting in die Omatjete-distrik na bewering twee meisies van onderskeidelik vyf en agt jaar in die bosse naby die nedersetting verkrag. Volgens die polisie is die seun glo vroeër weens sy seksuele gedrag teenoor ander leerlinge uit die skool geskors.

In die Oshikotostreek is ’n man vasgetrek wat na wat verneem word ’n sewejarige meisie in die Oniiyagaya-nedersetting verkrag het. Die verdagte is glo ’n huiswerker van die slagoffer se familie en het glo aan die meisie gesê om video’s op sy selfoon in sy slaapkamer te gaan kyk, waarná hy haar na bewering verkrag het.

Op Otjiwarongo het ’n man aan die polisie erken hy het glo seks met sy broer se agtjarige dogter gehad. Die meisie het na bewering daarná ’n geslagsiekte opgedoen wat die man glo genoop het om homself aan die polisie oor te gee.

’n Dertienjarige meisie is Saterdag in die Tuhingireni- informele woonbuurt op Rundu glo deur ’n 24-jarige buurman verkrag. Volgens die polisie het die man na bewering sy selfoon by die slagoffer se huis gelaai.

Toe die selfoon vol gelaai is, het hy die meisie glo gevra om hom na sy huis te vergesel waar hy haar na bewering verkrag het.

In die Onandjamba-nedersetting naby Okankolo is ’n 21-jarige man agter tralies, ná hy ’n 15-jarige meisie wat saam met hom van die skool af huis toe gestap het, na bewering verkrag het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!