Drie beseer in ongeluk noord van Okahandja
Twee mense het baie ernstige beserings opgedoen in 'n ongeluk vanoggend (Donderdag) sowat 80 km noord van Okahandja op die pad na Otjiwarongo. 'n Derde insittende is minder ernstig beseer.
Dit is nie bekend wat tot die ongeluk gelei het waarin 'n sportnutsvoertuig van die pad geloop en omgeslaan het nie.
Namibia Medical Rescue 24/7 Services het kort gelede foto's van die ongeluk op sy Facebook-blad geplaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie