Dreigement van beurtkrag werk
Dreigement van beurtkrag werk

Dreigement van beurtkrag werk

Persele van die landbouministerie, asook die nedersettings Berseba en Witvlei word steeds geteiken.
Augetto Graig
Augetto Graig

NamPower het gister begin om kragtoevoer aan sekere dorpe, staatsondernemings en een private instansie te beperk.

Elektrisiteit was vanaf 11:00 tot 15:00 op Berseba en Witvlei afgesny, terwyl Agribusdev se Oranjerivier-besproeiingsprojek op Aussenkehr, Plaas Du Plessis van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens asook verskeie persele van die ministerie van landbou, water en grondhervorming ook gistermiddag sonder krag was.

NamPower het sy skuldinvorderingsplan op 8 Maart aangekondig, om lank uitstaande skuld ter waarde van bykans N$800 miljoen in te vorder. Hiervolgens sou kragtoevoer vir sekere ure vanaf 12 April afgesny word.

Kliënte was aangemoedig om teen 31 Maart hul rekening by NamPower op datum te kry, of reëlings in die verband te tref.

“Ná die aankondiging het van die kliënte positief gereageer en hulle daartoe verbind om hul rekening op datum te bring, of die uitstaande skuld te betaal. NamPower bedank die kliënte wat die erns van die situasie verstaan en positief gereageer het,” lees ’n verklaring gister deur die bestuurder van NamPower se kommunikasie-afdeling, me. Tangeni Kambangula.

Volgens haar het die instansies wat gistermiddag nie van krag voorsien is nie, nog tot die einde van vandeesweek om op te tree.

“Indien geen reëling met NamPower teen die einde van die week getref is nie, sal hierdie kliënte in fase 2 geplaas word, wat die beperking van kragtoevoer tot agt ure oor twee dae sal verleng,” skryf sy.

Op Berseba het die munisipale uitvoerende hoof, mnr. Charles Vries, bevestig die dorp se krag is afgesny, maar sê sy kantoor het nog niks op skrif van NamPower ontvang om op te reageer nie. Hy sê hy was laas week met siekverlof en sal met waarnemende beamptes moet opvolg om te sien of ’n oplossing voor Vrydag verkry kan word.

Die impak van die beurtkrag op die dorp is ingrypend, omdat die telefoonstelsel ook nie sonder krag kan werk nie en kantoorwerk by die dorpsraad tot stilstand moes kom gedurende die kragonderbreking, sê hy.

Op Witvlei het ’n munisipale beampte op voorwaarde van anonimiteit bevestig die krag is afgesny en sê die uitvoerende hoof werk aan die probleem.

Die private instansie in NamPower se visier is Congo Namibia Trading, deur wie die miljoenêr mnr. Knowledge Katti die dorpie van Kombat bestuur.

Persele van die ministerie van landbou, water en grondhervorming wat geraak word, sluit in die veeartskantore op Noordoewer en Buitepos, plaas Okandjose nr. 313, plaas Dis Al 674 en die direktoraat veeartseny se kantoor op Ariamsvlei. Tsumis Landboukollege en sy Pomp San en Pomp Kujek is geraak, asook Kalahari Proefplaas, Bergvlug, Rüdenau Noord nommer 6 en die huis by Dreihoek Dam, volgens NamPower.

NamPower se vroeër dreigement was om verskeie ander dorpe bedags sonder krag te los.

Aanvanklik was Maltahöhe, Bethanie, Gibeon, Koës, Tses, Leonardville en Stampriet op die lys saam met Rehoboth, Okahandja, Karasburg, Gobabis en Aranos. Staatsinstansies wat aanvanklik geteiken was, het ook die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) ingesluit.

Volgens NamPower se woordvoerder, me. Rosa Nikanor, het dié plaaslike owerhede en instansies wat nie gister sonder krag was nie, reëlings met die nasionale kragverskaffer getref om hul uitstaande skuld te vereffen.

Die skuldinvorderingsplan maak voorsiening vir nege moontlike fases, waarvan fase 3 kragonderbrekings op Maandae, Dinsdae en Woensdae insluit. Teen fase 7 sou betrokke dorpe elke dag van die week vir vier ure sonder elektrisiteit wees. In fase 8 en 9 word hierdie ure verleng tot ses en agt per dag, onderskeidelik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.84/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.84/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42%