Dream Chasing stel nuwe projek bekend

‘n Projek om sanitêre doekies vir jong meisies te verskaf, is onlangs deur Dream Chasing van staple gestuur.
Michelline Nawatises
Evany van Wyk

Project 5000 is ‘n liefdadigheidsinisiatief van Dream Chasing, ‘n plaaslike klerehandelsmerk wat in 2016 deur mnr. Paulus Kambode gestig is. Dream Chasing se mikpunt is om mense aan te spoor om hard te werk sodat hulle hul doelwitte kan bereik. “Wat ook al jou doelwit verteenwoordig, begin vandag. Al misluk jy ‘n paar keer, gaan die lesse wat jy leer jou in die toekoms baie help,” sê Kambode.

Met die doel ingedagte, wil Project 5000 teen 30 September 5 000 T-hemde verkoop. Dertig present van die winste sal aan sanitêre doekie- projekte geskenk word. Kambode meen mense moet eerder vir voorbehoedmiddels as vir sanitêre doekies betaal. Hy sê seksuele omgang vind 80% uit vrye wil plaas en voorbehoeding word verniet weggegee. “Hoekom nie die doekies verniet maak nie? Vroue het geen keuse oor of hulle wil menstrueer of nie,” meen Kambode

Jong skoolgaande meisies mis baie skoolure omdat hulle nie doekies kan bekostig nie. Kambode doen ‘n beroep op besighede om die inisiatief te ondersteun en Dream Chasing te help om sy verkoopsteiken te bereik.

Die handelsmerk se produkte sluit T-hemde, gholf-hemde en frokkies in. Dream Chasing lewer landwyd die produkte af en gebruik Nampost se koerierdienste om ver bestemings te bereik.

“Ek hoop hierdie projek gaan die oë van baie jong mans daar buite oopmaak, sodat hulle besef daar is geen skaamte daarin nie. Hulle moet help waar moontlik,” het Kambode aan The Zone gesê.

Dit is veral vir Kambode belangrik om die gemeenskap waarin hulle besigheid doen, te ondersteun en probeer om ‘n positiewe verskil te maak. Jong meisies moenie skaam wees nie, maar eerder vra vir hulp, het Kambode gesê.

Dream Chasing het hul dank uitgespreek teenoor Simply You Magazine vir hul ondersteuning van die projek. Me. Helena Ngaifiwa, die hoofbestuurder van die tydskrif, het vir The Zone meer van hul betrokkenheid by Project 5000 vertel.

“Ons het besluit om dit te ondersteun omdat Dream Chasing besig is om terug te ploeg in die gemeenskap. Simply You Magazine glo ook daaraan om jong besighede te ondersteun sodat hulle kan groei. Die feit dat hulle bewustheid wil versprei oor so ‘n groot probleem in ons land, is wat dit so ‘n goeie inisiatief maak,” sê Ngaifiwa. Simply You Magazine het reeds tien T-hemde gekoop en sal binnekort nog aanskaf. Ngaifiwa moedig ook almal aan om by Project 5000 aan te sluit sodat die kwessies oor sanitêre doekies uitgewis kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!