Drawwer se emmerskoplys help kankerlyers

Sowat N$70 000 is danksy 'n Windhoeker vir 'n liefdadigheidsorganisasie ingesamel.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Om een van die groot marathons in die wêreld kaf te draf, was nog altyd op sy emmerskop­lysie.

Nou kan mnr. Manfred Egerer van Windhoek dié droom op sy lysie afmerk nadat hy die Londen-­marathon, sy eerste marathon ooit, in April voltooi het.

Boonop het hy hiermee meer as N$70 000 vir die liefdadigheids­organisasie Children with Cancer UK ingesamel.

Om 'n beter kans te hê om aan die Londen-marathon te kon deelneem, moes Egerer 'n liefdadigheids­organisasie ondersteun, het hy vertel.

“Omdat ek verskeie familielede aan kanker verloor het en 'n sesjarige dogtertjie het, het ek besluit om ­Children with Cancer UK te ondersteun,” het hy gesê.

Volgens hom het 38 000 ­hardlopers aan die marathon deelgeneem waarvan die meeste 'n liefdadigheidsorganisasie ondersteun het.

“'n Gekke atmosfeer het die hele 42,2 km ver geheers. Duisende onder­steuners moedig jou aan en skree die hele roete lank jou naam, wat op jou T-hemp verskyn. Daar was 'n karnaval­agtige atmosfeer met ­musiekgroepe langs die pad en baie deelnemers het kostuums gedra. Dit was my beste sportervaring ooit.”

Vir die kort termyn beplan Egerer 'n tydren vir veteraanmotors, sowel as 'n bergfietsbyeenkoms vir later vanjaar om geld vir die kankervereniging in te samel.

Die ontstaan van Children with Cancer UK is te danke aan 'n ­tragedie wat 31 jaar gelede die O'Gorman-­gesin geruk het.

In Februarie 1987 het leukemie die lewe van die 14-jarige Paul O'Gorman geëis, slegs nege weke ná sy diagnose.

Binne weke ná sy dood het sy ouers, Eddie en Marion, begin om fondse vir kinders met leukemie in te samel.

Net nege maande later het kanker ook Paul se suster Jean se lewe geëis. Enkele dae ná Jean se dood het Eddie en Marion wyle prinses Diana ontmoet, wat só geraak is deur die O'Gorman's se dubbele tragedie, dat sy gehelp het om die liefdadigheidsorganisasie te stig.

Sy het dit ook op 12 Januarie 1988 amptelik ingehuldig en was tot haar dood in 1997 daarby betrokke.

Vandag is die organisasie 'n prominente rolspeler in pediatriese onkologie en het reeds meer as £220 miljoen in die stryd teen kinder­kanker ingesamel.

Jaarliks belê die organisasie ook meer as £40 miljoen in nuwe navorsing en het tans meer as 60 ­projekte onderweg in vooraanstaande ­sentrums dwarsoor die land.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!