Drank onder sitplek: 'Dit is nie die skool s'n'

Busmaatskappy swyg nog oor bierbewerings

27 August 2019 | Ongelukke
Ronelle Rademeyer



Ooggetuies beweer die bestuurders van twee busse soortgelyk aan dié wat die graad 7's van Windhoek Gymnasium vervoer het, is vroeg Sondagoggend op 'n ongeluks­toneel oos van Windhoek opgemerk waar 'n lorrie vol bier omgeslaan het.

Hulle het na bewering met sespakke van die toneel af teruggekeer na die busse toe.

Mnr. Adrian Strauss van 24/7 Recovery, 'n insleepdiens in Windhoek, sê hy het omstreeks 03:30 Sondag­oggend by die ongelukstoneel sowat 10 km oos van Windhoek op die B6-roete aangekom.

“'n Vragmotor van WP Transport wat met 'n vrag bier van Suid-Afrika na Windhoek onderweg was, het omgeslaan en ons moes die toneel help opruim en die lorrie insleep,” het hy aan Republikein gesê.

“Net voor sonsopkoms het ek 'n bus gesien wat by die toneel stilgehou en die pad versper het. Ek het soontoe gegaan en gesien die bestuurder keer terug van waar die vrag bier langs die pad gelê het. Hy het bier in sy hande gehad,” vertel Strauss.

Dit is bevestig deur sy kollega, mnr. Gavin Uirab. Volgens hom was dit nie net een bus nie. “Twee busse van Sunshine Tours het daar stilgehou en die drywers het twee keer bier gaan haal en dit teruggevat na die busse,” het hy gister by navraag gesê.

Foto's is Sondagaand op Facebook geplaas van sespakke wat onder die bestuurdersitplek van die buswrak buite Mariental gevind is. Dit is van dieselfde soort bier wat deur die lorrie vervoer is wat buite Windhoek omgeslaan het.

Republikein het vroeg gisteroggend vrae hieroor aan Sunshine Tours gestuur. 'n Oproep na die selfoonnommer wat op die maatskappy se webwerf verskyn, is deur ene Nathal beantwoord wat gesê het hy is nie by magte om kommentaar te lewer nie.

Hy het later teruggebel en gesê die maatskappy sal teen 17:00 'n verklaring uitreik. Teen druktyd het Republikein dit nog nie ontvang nie.

Volgens die skool se uitvoerende hoof, me. Colette Rieckert, was die bier op die bus nie die skool of een van die onderwysers s'n nie.

“Die bier wat gevind is, is wat die busdrywer onder sy sitplek gehad het,” sê sy.

Sunshine Tours het Sondagmiddag 'n kort verklaring sy op Facebookblad geplaas waarin hy sy meegevoel met die families van die oorledenes betuig het en gesê het hy is “diep hartseer” oor die gebeure.

Beseerdes is 'n spoedige herstel toegewens, met die belofte van 'n formele verklaring later. Dié plasing is egter Sondagaand van Sunshine Tours se Facebook-blad verwyder.

[email protected]

Soortgelyk

 

Teko-trio vrygespreek

9 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Dokters wis nie van voorskrifte

19 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

19 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

19 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

19 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

19 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...

Invaluable experience for Alonso at Lichtenburg

19 ure gelede | Motors

Fernando Alonso and Marc Coma completed an eventful but invaluable learning experience at the Lichtenburg 400 in South Africa on Friday and Saturday with Toyota...