Drama toe Zuma dreig om te swyg
Drama toe Zuma dreig om te swyg

Drama toe Zuma dreig om te swyg

Zuma se regsverteenwoordiger het gesê hy meen Zuma is met voorbedagte rade na die kommissie gebring om aan kruisondervraging onderwerp te word.
Llewellyn Prince en

Christiaan du Plessis



Oudpres. Jacob Zuma het byna-byna Woensdag sy baadjie gevat en uit die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gestap sonder om verder te getuig.

En dit is geen uitgemaakte saak dat hy wel vandag, wanneer die kommissie hervat, verder sal getuig nie.

Dít omdat hy en sy regspan nie gelukkig is met die vrae wat aan hom gevra word en hoe dit gevra word nie.

Adv. Muzi Sikhakhane SC, Zuma se regsverteenwoordiger, het gesê hy meen Zuma is met voorbedagte rade na die kommissie gebring om aan kruisondervraging onderwerp te word.

Daarom het Sikhakhane Woensdagmiddag kort ná middagete daarop aangedring dat die verrigtinge eers gestaak word.

“Ek wil met hom (Zuma) praat en hoor of hy bereid is om gekruis­ondervra te word. Dit is nou vir my duidelik dat hy gekruisondervra word,” het Sikhakhane gesê kort voordat hy Zuma se derde dag van getuienis voor die kommissie net ná 14:30 kortgeknip het.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het verrigtinge tot 15:00 verdaag.

Alles het begin toe Zuma by die hervatting van verrigtinge ná middagete aangedui het dat hy “'n probleem” het omdat hy gedwing word om deur besonderhede van amptenare te gaan.

“Ek is nie 'n sekretaresse wat notules neem nie. Ek het nie met die besonderhede gewerk nie. Dit sal die kommissie sy eie gevolgtrekkings laat maak. Die direkteur-generaal of die sekretaresse sal weet wat die besonderhede in die dokumente is. Ek weet nie waarom ek die besonderhede moet verskaf nie.”

Hy was ontevrede nadat adv. Paul Pretorius SC, getuienisleier, hom gepeper het met vrae oor Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings, se vroeëre getuienis voor die kommissie dat Zuma in 2009 ingemeng het in die aanstelling van Siyabonga Gama as uitvoerende groephoof van Transnet, 'n aantyging wat Zuma ten sterkste ontken.

Zondo het Zuma daarop gewys dat dit belangrik is vir die kommissie om sy weergawe te verstaan om uiteindelik tot 'n gevolgtrekking oor die bewerings te kan kom.



ZUMA DUIDELIK OMGEKRAP

“Daar gaan 'n tyd kom wanneer die kommissie na al die getuienis moet kyk en bepaal wat die waarheid is. Net omdat jy sê wat sy (Hogan) gesê het, is nie waar nie, kan nie die einde van die saak wees nie.

“Die kommissie moet soveel moontlik kante van die kwessie belig voordat 'n bevinding gemaak word.

“Maar voel vry om te sê jy het nie met daardie spesifieke besonderhede te doen gehad nie,” het Zondo gesê.

'n Duidelik omgekrapte Zuma het toe gesê: “Ek hoor jou, voorsitter, maar dit los nie my probleem op nie. Ek weet nie wat beteken die bewering van die minister dat ek ingemeng het nie. As 'n ­amptenaar ­byvoorbeeld aangestel word, word die president gekonsulteer. Ek ­verstaan nie wat bedoel word met ek het ­ingemeng nie.

“Die bewering is dat die president ingemeng het. Ek het gereageer, ek het nooit ingemeng nie. Selfs al het ek met haar gepraat, het ek nie daardie saak so bespreek nie. Ek het reeds die vraag beantwoord dat ek nooit so iets gesê het nie. As ek wel deur die besonderhede gaan, het ek 'n ­probleem, want ek het klaar die aantygings ontken.”

Zuma het bygevoeg dat die kabinet as 'n geheel oor sulke sake beslis.

Zuma se getuienis is by die hervatting Woensdagmiddag voorlopig tot vandag uitgestel.

“Daar is 'n gesprek gevoer voor my en die kommissie se regspan, asook die oudpresident se regspan, en albei het 'n voorstel gedoen waartoe ons ingestem het,” het Zondo gesê.

“Waaroor ooreengekom is, is dat albei regspanne 'n kans moet kry om na die besware te kyk en te sien of 'n manier gevind kan word dat Zuma ­geakkommodeer word sonder dat die kommissie se regspan sy verpligtinge kompromitteer.”

Volgens Zondo word Zuma se getuie­nis tot vandag uitgestel om die regspanne kans te gee om 'n middelweg te vind sonder dat die ­kommissie sy plig versuim. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%