Drama oor wit uitlatings stoom voort

20 October 2020 | Regering
Denver Kisting – Veral ná die pyn van Namibië se verlede behoort elke mens in die land as ’n individu beskou te word in plaas daarvan om op hul rasbaadjie getakseer te word.

Só sê die Regshulpvereniging (LAC) by monde van sy direkteur, me. Toni Hancox. “Die LAC maak kapsie teen die karakterisering van Namibiese kiesers deur ras of stam. Nie alle wit kiesers het dieselfde menings nie – nes alle swart kiesers of kiesers van ’n spesifieke etniese groep.”

Hancox sê pres. Hage Geingob se onlangse uitlatings oor wit kiesers druis in teen die bepalings van die Wet op die Verbod op Rassediskriminasie.

Daarvolgens word mense verbied om in die openbaar enige taal te gebruik wat met opset iemand anders bedreig of beledig of teen mense op grond daarvan dat sulke mense aan ’n spesifieke rassegroep behoort.

“Niemand is verhewe bo die wet nie, insluitend die president. As hy kiesers wat ’n spesifieke mening huldig wil kritiseer, mag hy dit doen – maar hy mag nie daardie kritiek skoei op ras nie.”

Boonop, sê Hancox, mag elke Namibiese burger deelneem aan verkiesings en politieke partye vorm of by partye aansluit.

“Dié reg is nie net beskore vir diegene wat die regerende party ondersteun nie. Om te stem vir die politieke party van ’n mens se keuse, is nie ‘oorlog’ teen enige ander party nie, dit is die demokratiese reg van burgers van alle rasse.”

Om 30 jaar ná onafhanklikwording en verskeie vreedsame verkiesings sulke rasgebaseerde opsweping uit die president se mond te hoor, is ontstellend, sê Hancox.

Die president van die Republican Party (RP), mnr. Henk Mudge, het ook by die koor van kritici teen Geingob se uitlatings aangesluit.

Hy sê wat Geingob Saterdagoggend tydens die bekendstelling van Swapo verkiesingsveldtog kwytgeraak het, is ongelukkig, skokkend en onaanvaarbaar.

Mudge sê daar was in die verlede dikwels dreigemente teen wit mense uit Swapo-geledere.

Tot dusver was baie wit mense skugter om deel te neem aan demokratiese prosesse omdat hulle as gronddiewe en wit monopolie-kapitaliste gebrandmerk is.

SWAPO Sê

Swapo se woordvoerder, me. Hilma Nicanor, het gister aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesê dit is onregverdig om te eis dat pres. Geingob om verskoning vra. “Die president se stelling is uit konteks gehaal soos ons tans hier sien gebeur.”

Volgens haar het die president nie alle wittes oor dieselfde kam geskeer nie.

Maar, sê Nicanor, daar is beslis mense wat nie langer vir Swapo aan bewind wil hê nie.

Trouens, daar is mense wat die vrede wat die land geniet, bedreig, sê sy.

Dié vrede en bestendigheid is danksy Swapo, het sy Geingob se sentimente geëggo.

Geingob het Saterdag onder meer gesê: “Ons het gesien wit mense wat in groot getalle registreer. Ek het dít nog nooit so gesien nie. En hulle’t gesê: ‘Enigiets behalwe Swapo.’ Ek het daarvan kennis geneem en ek sal dit nie vergeet nie.

“Mense wat oorlog verklaar teen Swapo – Swapo wat gesorg het dat hulle vrede en eenheid geniet; gemak geniet (wat) oorlog verklaar teen Swapo. Ek het julle gehoor.” - [email protected]

Soortgelyk

 

Nog leerlinge, gevangenes toets positief vir Covid-19

3 ure gelede | Gesondheid

Uit die 13 nuwe gevalle van Covid-19 is vyf leerlinge van skole in die hoofstad en wel twee van die Montessori-kindertuin, een elk van die...

Woede kook oor by Ngoma

18 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Regeringsafgevaardigdes het laat Saterdagmiddag hul hande vol gehad om gemoedere by die Ngoma-grenspos te kalmeer toe ’n skare woedende inwoners uit die...

Totsiens, Shannon

18 ure gelede | Mense

Leandrea Louw op Walvisbaai – Roubeklaers het Saterdag in groot getalle opgedaag om finaal van me. Shannon Wasserfall (21) op Walvisbaai afskeid te neem.Sy is...

Nuwe ruimte vir naslaan, leer en lees

18 ure gelede | Geskiedenis

'n Splinternuwe mediategnologie-biblioteek is nou oop vir die publiek by die hoofkantoor van Namibia Media Holdings in Windhoek.Die herontwerpte argief is Vrydag amptelik in gebruik...

Vermoedelike reeksverkragter slaan weer toe

18 ure gelede | Misdaad

Kuskantoor – Die polisie in die Erongostreek ondersoek 'n voorval waar ’n aanvaller by ’n vrou (28) se huis in Walvisbaai ingebreek het, haar met...

Namibië se eerste Supra-vrou gekroon

18 ure gelede | Mense

Ná maande van intense mededinging is die 23-jarige Chanique Rabe Saterdagaand as die eerste Mej. Supranational Namibië bekroon. Saam met dié gesogte titel stap sy...

Antigeen-toetse vir reisigers na SA beskikbaar

18 ure gelede | Gesondheid

Antigeen-toetse om die coronavirus op te spoor, is volgens die Suid-Afrikaanse regering se inligtingsdiens (GCIS) by alle grensposte na die land beskikbaar.Dié toetse, wat van...

Regeringsbestuur: 'Prentjie lyk stroef'

18 ure gelede | Regering

Denver Kisting 'n Herhaling van die Fishrot-skandaal, die beweerde grootskaalse kaping van Namibiese viskwotas wat die afgelope jaar opspraak wek en twee oudministers agter tralies...

Seun (5) met kanker se gesin vra hulp

18 ure gelede | Mense

Ester KamatiDie Labuschagne-gesin op Otjiwarongo het onlangs die ontstellende nuus ontvang dat die vyfjarige Zu-Andre kanker het. Die diagnose het gevolg nadat bloed vroeg...