Drama met bultrugwalvis
Pogings om ’n volwasse bultrugwalvis wat by Onafhanklikheidstrand by Walvisbaai gestrand het, terug in die see te stoot, was onsuksesvol.
Volgens me. Dorothy Fourie van die Dolphin Project is die walvis se linkerkantste borsvin beseer.
“Ons het gesien hoe die walvis in sirkels geswem het en het om 11:30 by die toneel aangekom waar die walvis gestrand het. Ons het ses keer probeer om hom terug in die see te stoot, maar hy het elke keer omgedraai en terug strand toe geswem,” het sy gesê.
“Ons het probeer kyk waar presies beserings is, maar het tot die slotsom gekom hy het dalk inwendige of spierbeserings. Hy kan basies nie in reguit swem nie.”
Fourie sê Namibië het ongelukkig nie die geriewe om so ’n reusewalvis te rehabiliteer nie.
“Die walvis is ook baie gestres en moeg en die laaste opsie is om hom van kant te maak, sodat hy nie ’n stadige dood sterf of ly nie.”
Volgens Fourie neem ’n walvis van dié grootte sowat ’n week om natuurlik te sterf.
Bultrugwalvisse kom algemeen langs die Namibiese kus voor en dit is deel van hul migrasieroete.
Foto Leandrea Louw

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie