• Tuisblad
  • Sake
  • Drake laat spat rekords op Apple Music, Spotify
Drake laat spat rekords op Apple Music, Spotify
Drake laat spat rekords op Apple Music, Spotify

Drake laat spat rekords op Apple Music, Spotify

Petrus Malherbe - Die Kanadese rapper Drake het oor die naweek sy eie rekord laat spat toe sy jongste album meer as 170 miljoen keer binne 24 uur op Apple Music gestroom is.

Drake se jongste album, Scorpion, is Vrydag uitgereik. Op Spotify het 132 miljoen mense binne die eerste 24 uur daarna geluister. Dié stromingsdiens sê hierdie syfer kan nog opwaarts aangepas word namate data verwerk word.

Sowel Apple Music as Spotify is dit eens dat Scorpion die rekord laat spat het vir die meeste stromings in ’n enkele dag.

Die vorige rekord is ook gehou deur Drake vir sy laaste projek, More Life (2017), wat net onder 90 miljoen stromings in sy eerste dag op Apple Music gehad het.

Apple Music het groot gewag gemaak van die uitreiking van Scorpion en het selfs dat Apple se assistent op iPhones, Siri, spesiale verwysings daarna inwerk in haar antwoorde.

Drake het ook vir Apple Music spesiale voorkeur gegee om Scorpion twee uur voor sy grootste mededingers uit te reik.

Nietemin het Spotify, wat anders as Apple Music ’n gratis opsie bied, ook Scorpion op byna 30 van sy gewildste speellyste ingesluit.

Die diens het oor die naweek op Twitter gesê Drake se nuwe album is in ’n stadium meer as 10 miljoen keer per uur gestroom.

Die Amerikaanse rapper Post Malone se Beerbongs & Bentleys, wat in April vanjaar uitgereik is, hou tans die rekord vir die meeste stromings van ’n album in ’n enkele week, naamlik 431 miljoen.

Die verwagting is dat Scorpion teen Vrydag meer as ’n miljard keer gestroom sal wees, wat ook Malone se rekord aan skerwe sal laat spat.

Scorpion is ook in die nuus vanweë Drake se spesiale duet met die ontslape sanger Michael Jackson en sy bekentenis in die lirieke van ’n ander lied dat hy ’n buite-egtelike seun saam met die Franse pornografiester Sophie Brussaux het. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!