Dragon City-manne haal skouers op

Vierde beskuldigde uit op N$500 000 borgtog

05 January 2017 | Howe
Jacqueline Louw



Die goedere wat hy jaarliks invoer, is ver minder as die vermeende N$3,5 miljard se kulgeld waarvan die ministerie van finansies hom beskuldig, het een van die twee Chinese mans gister in 'n borgtogaansoek getuig.

Die ander een voer aan hy is slegs 'n bestuurder en kan nie pa staan vir die sondes van die onderneming waar hy in diens is nie.

Mnre. Tao Huizhong, Jinrong Huang en Julius Laurentius wat daarvan be­skuldig word dat hulle na raming werklike en potensiële verliese van N$3,5 miljard vir die ministerie van finansies veroorsaak het, het gister voor landdros Alweendo Venasius verskyn.

Hul aansoek om borgtog is die vorige dag uitgestel omdat 'n tolk nie beskikbaar was nie.

'n Vierde beskuldigde, Zhu Honggang, is reeds op borgtog van N$500 000 vrygelaat.

Die vier mans word daarvan aangekla dat hulle gedurende die tydperk vanaf 1 Januarie 2010 tot 19 Desember 2016 die ministerie van finansies op onregmatige wyse en met opset bedrieg het deur aan die ministerie en mnr. Erastus Shipuleni voor te gee dat goedere van die buiteland ingevoer word. Sodoende is verliese van N$3,5 miljoen veroorsaak.

Hulle staan ook tereg op 'n tweede klag van die verkryging, besit en gebruik van eiendom wat deur middel van onwettige aktiwiteite verkry is. Volgens die klagstaat het die mans hulle na bewering aan geldwassery skuldig gemaak deur die verkryging, gebruik, besit asook die in- en uitvoer van goedere na en van Namibië.

Die hofverrigtinge het stadig begin weens 'n tekort aan personeel by die landdroshof, asook die beslommernis van vertaling van die twee Chinese mans se getuienis.

Die staat staan die toekenning van borgtog teen omdat gevrees word die beskuldigdes op die vlug sal slaan en ook met getuies en die ondersoek sal inmeng. Staatsaanklaer Rowan van Wyk voer aan dit is nie in die belang van geregtigheid indien borgtog toegestaan word nie. Die beskuldigdes kan moontlik ook verdere misdade pleeg indien hul vrygelaat word.

Mnr. Sisa Namandje het namens Tao en Jinrong, beide inwoners van die meent­huis-kompleks Dragon City op Oshikango, aangevoer dat die klagstaat onvolledig is en hy dus nie behoorlik vir sy kliënte se verdediging kan voorberei nie.

Getuienis is gelei dat Tao die alleen­eienaar van die beslote korporasie Golden Phoenix is wat goedere van China invoer. Die 47-jarige Tao het getuig dat hy goedere ter waarde van ongeveer N$1,5 miljoen per jaar invoer en dit dus onmoontlik is dat hy van bedrog in die bedrag van N$3,5 miljard beskuldig kan word. Adv. Louis Botes het Tao ondervra in verband met beweerde transaksies tussen Golden Phoenix en Extreme Custom Clearance Service en oordragtransaksies vir uitvoere vanaf Golden Phoenix se Nedbank-rekening op Walvis­baai. Botes het dit aan Tao gestel dat meer geld aan uitvoerders betaal is as wat op fakture aan doeanebeamptes verklaar is. Tao het hierdie aantyging ontken.

Namandje het uitgewys dat Jinrong slegs 'n bestuurder by 'n maatskappy is en dus nie vervolg kan word vir 'n oortreding wat deur 'n beslote korporasie begaan is nie. Jinrong het die hof meegedeel dat hy borgtog van N$50 000 kan bekostig. Hy het verder getuig dat indien hy verhoor word, hy onskuldig sal pleit.

Die drie mans se borgtogaansoek word vandag voortgesit.

Staatsaanklaer Van Wyk tree namens die staat op, Tao en Jinrong word deur Namandje en Laurentius deur Botes verteenwoordig.

Soortgelyk

 

August Maletzky se saak uitgestel

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Mnr. Slyken Makando, regsverteenwoordiger van die lekelitigant, mnr. August Maletzky, het bevestig sy korrupsiesaak is vanoggend tot 20 Julie uitgestel.Daarnaas, sê Makando,...

Stemlyn Maandag oop

20 ure gelede | Gebeure

Vanaf Maandag het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys. Wees gereed om jou steun aan Eenhana,...

Alexia se ouers dagvaar staat vir N$3,2 miljoen

20 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Alexia Keil, die Namibiese kleuter wat in Maart 2017 in die Bwabwata Nasionale Park deur lede van die teenstropingseenheid in die kop...

'Reuseterugslag' sou wetsontwerp nie aanvaar word

20 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Indien die nuwe wetsontwerp op gesondheidsberoepe nie goedgekeur word nie sal dit die “grootste terugslag” vir gesondheid in Namibië wees.Die nuwe wet...

Weer vir 18

20 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar neerslae word in die verre Weste en Suide van die land verwag. Oorstromings kan oor die sentrale en suidelike kus voorkom. BINNELAND: Gedeeltelik...

Vrou (59) tronk toe oor dagga

20 ure gelede | Howe

Denver Kisting'n Inwoner van Rehoboth is die afgelope week drie jaar gevangenisstraf opgelê weens daggabesit – net 'n dag nadat sy aangekeer is.Volgens die misdaadkoördineerder...

Werke ontken verkoop van woonstelle

20 ure gelede | Ministeries

Catherine SasmanDie ministerie van werke en vervoer sê hy het nie regeringswoonstelle verkoop soos beweer word nie, aangesien hy nie die mandaat het om dit...

Wêreld kry eerste byedag

20 ure gelede | Omgewing

Tanja BauseDie getal bestuiwers ter wêreld het met 'n driekwart in die laaste 30 jaar in Europa afgeneem, het ­wetenskaplikes bevind. Die Verenigde Nasies (VN)...

Kuns langs die langpad

20 ure gelede | Mense

Tanja BauseDie hoofpad tussen Rundu en die ­Mururani- veeartsenykundige hek is volgepak met stalletjies wat handgemaakte potte, ­houtsneebeelde en kos wat tans in seisoen is,...