Draairoomys op die hoek
Tanja Bause - Sowat ses maande gelede het me. Asteria Petrus (27) en haar roomysmasjien hul verskyning op die sypaadjie in Onafhanklikheidsrylaan in Katutura gemaak.
Petrus verkoop romerige draairoomys in sjokolade-, vanielje- en aarbeigeur.
Sy bly in die Havana- informele nedersetting en is daagliks op haar pos op die hoek van Onafhanklikheidsrylaan en Hans Uirabstraat.
“Ek het die masjien by 'n man gekry en hy het my ook geleer om die roomys te maak.
Ek het met die huiseienaar waar ek bly, gepraat, en hy het my toestemming gegee om saans die masjien in sy erf te stoor.
Ek kry ook krag, waarvoor ek elke maand betaal, van hom af,” sê sy.
Petrus het besluit om haar besigheid op dié hoek te begin omdat daar 'n skool verder af in die straat is.
Mense wat na en van inkopiesentrums op pad is, maak ook seker hulle stop eers by haar vir 'n roomys.
Petrus het een kind wat sy met haar roomysverkope onderhou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie