Dr. Malan Lindeque op lys vir hoë posisies by VN
Die kabinet het besluit om dr. Malan Lindeque, permanente sekretaris van die omgewing en toerisme, se nominasie vir top-posisies by die Verenigde Nasies (VN) goed te keur.
Adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie mnr. Engel Nawatiseb het Vrydag aangekondig dat Namibië amptelik Lindeque se aansoek vir die poste van sekretaris-generaal van die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) ondersteun en sy nominasie as die assistant-sekretaris-generaal van die VN omgewingsprogram te bekragtig.
Daarvolgens is die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking opdrag gegee om die sekretaris-generaal van die VN en die uitvoerende direkteur van die VN se omgewingsprogram daaroor in te lig.
Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie