Douvoordag in ry vir drank

Namibië les weer (wettig) sy dors
Tanja Bause
Tanja Bause en Denver Kisting – Drankwinkel-, sjebeen- en kroegeienaars het van vroeg gister in lang rye gewag om by groothandelaars en depots in Windhoek drank te koop.

Verder het Namibiërs sedert 12:00 gister in groot getalle na drankwinkels gestroom om vir die eerste keer in twee maande wettig hul dors te les.

Voor gistermiddag was dit kragtens die regulasies om die Covid-19-pandemie te bestry ’n misdaad om drank te verkoop en te koop.

Die land het gisteroggend om middernag fase 3 van die noodtoestand betree.

Dié fase gaan met die verslapping van sekere regulasies gepaard – insluitend handel in alkohol wat tot dusver verbode was.

Talle mense is die afgelope twee maande beboet weens die onwettige verkoop en koop van drank.

Drankwinkels en sjebeens mag onder die nuwe bedeling Maandae tot Vrydae tussen 12:00 en 18:00 drank uitsluitlik vir wegneemdoeleindes verkoop. Saterdae geld dié vergunning tussen 09:00 en 13:00. Die koop en verkoop van drank sal steeds op Sondae en openbare vakansie verbode wees.

Drank mag van vandag af by hotelle en restaurante geniet word mits dié instellings by die ander gesondheidsriglyne hou om die pandemie te bestry.

Voorskrifte van die ministerie van handel en nywerheidsontwikkeling wat na verwagting vandag gepubliseer sal word, sal drankadvertensies tydens fase 3 verbied.

Daarnaas sal restaurante en hotelle waarskynlik ook net binne die tydsduur van ander instellings drank op hul persele mag bedien, sê me. Ndiitah Nghipondoka-Robiati, adjunk- uitvoerende direkteur.

’n Boete van N$2 000 of ses maande se gevangenisstraf, of albei, staar oortreders van die regulasies in die gesig.

Hiernaas mag ’n gemagtigde beampte beslag lê op drank wat vermoedelik teenstrydig met die regulasies bekom is.

BLYDSKAP, MAAR OOK KOMMER

Sjebeeneineaars wat slegs hul voorname wou verskaf, sê hulle het vanaf 04:00 gisteroggend met hul bakkies in die ry by ’n groothandelaar in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied gewag dat die deure open.

“Ek het geen ander werk nie en met die verbod het ek baie swaar gekry. Ek het bietjie lekkers, uie en so begin verkoop net om kos op my tafel te kan sit, maar die geld was baie min en net genoeg vir kos, krag en die helfte van die huur,” het Benjamin gesê.

Volgens Uahokora is die tyd wat drank verkoop mag word, te min.

“Ons verkoop aan mense wat werk. As hulle tot 17:00 werk en dan nog vir ’n taxi wag en huis toe ry, sal hulle eers ná 18:00 by ons uitkom. Hoewel ons bly is dat ons weer mag verkoop en geld kan verdien, is die afsn tyd van 18:00 te vroeg,” het hy gesê.

Oupa het gesê hy het vrede in sy hart het nou dat hy weer sy besigheid kan bedryf.

“Ek sorg vir my ma wat op die plaas bly asook vir my vrou en kinders wat in die Noorde bly. As ek nie geld verdien nie kry hulle ook swaar nie net ek nie. Die mense verstaan nie as ek se daar is nie geld nie, want hulle is gewoond dat ek vir hulle sorg en hulle soek hulle geld,” het hy gesê.

“Ons hoop die regering gaan nie vandag vir ons toelaat om drank te koop en dan môre weer sê ons mag nie. Ons hoop dat dit nou so bly en ons kan voortgaan met besigheid,” het Ruben gesê.

“Ek kan nou bier koop vir die geld wat ek het. Ek kan nie meer as dit koop nie - eerstens het ek nie die geld nie en tweedens is ek bang as die regering weer die verkoop van drank stop sit, sit ek met klomp drank waarmee ek niks kan doen nie. Sou ek een bottel bier verkoop, kom die polisie en vat al my drank af en ek kry ’n boete. Niemand kan dit bekostig nie,” het Benjamin gesê.

’n Drankwinkeleienaar wat anoniem wou bly het gesê dit is ’n ongelooflike gevoel om ná nege weke weer besigheid te mag doen.

“Onthou, ek kon vir nege weke geen geld verdien nie, maar my oorhoofse koste soos huur en versekering moes betaal word. Niemand vir wie ek geld skuld sal sê: Ag jammer, jy kan nou nie geld maak nie, so jy hoef nie nou te betaal nie,” het hy gesê.

“Ek is ook bang ons keer terug na fase 1, veral met die nuwe gevalle. As dit gebeur, kan ek my deure vir altyd sluit. Ek sal dit nie oorleef nie.”

Peace is ’n vrou wat in ’n kroeg in Katutura werk wat met haar verdienste ses ander mense onderhou het. “Ek verstaan dat plekke weens die virus toegemaak moes word, maar dit is ’n ramp. Ek het Windhoek toe getrek vanaf die Noorde om vir my familie te kan sorg en vir die laaste sowat drie maande kon ek dit nie doen nie omdat ek nie kon werk nie. Daar is baie mense wat in kroeë en sjebeens werk en van die geld afhanklik is. Maar vandag (gister) keer alles weer terug na normaal.” [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%