Dosent bly agter tralies

02 January 2019 | Howe
Kenya Kambowe – Geen borgtog is in die Rundu-landdroshof aan ’n dosent verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) toegestaan, wat twee broers na bewering geskiet en gewond het nie.

Mnr. Nelson Antonio (44), verbonde aan Unam se Rundu-kampus, se saak is tot 15 Januarie uitgestel.

Antonio staan tereg op twee klagte van poging tot moord ná hy mnre. Moses en Gerson Batista, beide 25, glo op 3 Desember in die Kehemu-woonbuurt op die dorp geskiet het.

Die twee slagoffers is familie van Antonio se eksmeisie en het glo ten tyde van die voorval haar motor bestuur.

Antonio is ook daarvan aangekla dat hy ‘n wapen in die openbaar laat afvuur het, asook van kwaadwillige saakbeskadiging.

Sy prokureur, mnr. Ricardo Mukonda, het aangevoer Antonio het uit selfverdediging opgetree en behoort derhalwe borgtog te kry.

Antonio het tydens kruisondervraging gesê hy het in sy motor gesit toe drie mans, insluitende die twee slagoffers, hom daaruit gepluk het, op die grond gegooi en geslaan het.

Volgens hom het hy waarskuwingskote in die lug afgevuur. Hy moes egter ook op die slagoffers skiet, aangesien een van hulle op pad na hul motor was om ‘n panga te gaan haal.

Antonio het voorts getuig hy het 10 kinders, waarvan vyf tans by hom woon.

Hy behoort dus op borgtog vrygelaat te word sodat hy kan voortgaan om vir hulle te sorg, het hy aangevoer.

‘Magasyn leeggeskiet’

Landdros Hellen Olaiya het gesê Antonio het sy hele magasyn met 15 patrone leeggeskiet en dít dui nie op selfverdediging nie.

Olaiya was ook nie oortuig daarvan dat hy vir sy kinders moet sorg nie, aangesien sy verlede jaar ‘n onderhoudsaak teen hom moes verhoor, het sy gesê.

Die staatsaanklaer, me. Emma Mayavero, het Antonio se borgtogaansoek weens die ernstige aard van die beweerde misdaad teengestaan.

Sou hy borgtog kry, sal dit die publiek se vertroue in die regstelsel ondermyn, het sy gesê.

Die moontlikheid bestaan boonop dat Antonio direk of indirek met die polisie se ondersoek sal inmeng, wat in ‘n vroeë stadium is, het sy aangevoer.

Soortgelyk

 

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

9 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

9 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Só vaar die Verkrygingsraad

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

9 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

9 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...

Namibiër ’n top-uitvinder

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ‘n Namibiër is een van 30 finaliste uit 2 400 inskrywings in die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se eerste uitdaging vir vernuwing op die...

Só is SME Bank geplunder

9 ure gelede | Howe

font face="Verdana" > Catherine Sasman - Die SME Bank-saak lees soos 'n stap-vir-stap gids vir 'n bankroof. Só het adv. Raymond Heathcote, wat namens die...

Aansporing, opvoeding en steun vir kleuters

9 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Vir die afgelope 14 jaar ondersteun die liefdadigheidsorganisasie Step out of Poverty through Encouragement, Education and Support (S.P.E.S.) al minderbevoorregte kinders...