Dorpe se ouditverslae volgende week bespreek
Die Nasionale Raad se staande komitee vir openbare rekeninge en die ekonomie vergader aanstaande week met streeksrade en plaaslike owerhede om die uitslae van die betrokke streke se ouditverslae te bespreek. Hoewel die publiek welkom by die sittings is, sal daar geen geleentheid vir insette nie. Belanghebbers mag dit wel interessant vind om te hoor wat amptenare van die betrokke streke en dorpe se antwoorde op vrae is oor hoe hul munisipale en geld bestem vir streeksontwikkeling bestee. Die verhore skop Maandag om 09:00 af en duur daagliks tot 15:30 tot Vrydag 1 Maart. Dit vind in die G4- konferensiekamer by die Nasionale Raad in Windhoek plaas. Beamptes van die Omaheke-streeksraad, die munisipaliteite van Gobabis, Swakopmund, Koës en Witvlei, die Kavango-Oos- en Zambezi-streeksrade, sowel as die munisipaliteite van Karibib, Opuwo, Grootfontein en Usakos sal in die genoemde volgorde vrae beantwoord. Die voorsitter van die komitee is die parlementslid, mnr. Peter Kazongominja.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie