Dood loop oop op Paasnaweek

09 April 2021 | Ongelukke
Die afgelope Paasnaweek was die dodelikste in vier jaar op ­Namibiese paaie en motorongelukke was die meeste sedert minstens 2017.

Verlede jaar was Namibiërs nog onderworpe aan streng inperkings weens die Covid-19-pandemie, wat die aantal ongelukke, beserings en sterftes minimaal gemaak het tydens die tradisionele wegbreek-lang­naweek.

Vier-en-sewentig ongelukke is vanjaar by die Namibiese polisie aangemeld teenoor die 19 van verlede jaar. Die jaar is 122 mense beseer en 16 het gesterf in vergelyking met die 27 beseerdes en vier oorledenes van 2020.

Volgens die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, was daar in 2020 min of geen voertuie op die paaie nie. “In 2021 was daar geen hoktyd nie en dus het die ­ongelukke, beserings en sterftes op die paaie weer toegeneem,” het sy in 'n nuusvrystelling gesê.

Ses vroue en tien mans het op die paaie gesterf. Vyf mense het in ongelukke omgekom waarin voertuie gerol het, vyf was voetgangers wat doodgery is, drie het in botsings gesterf, twee het van voertuie afgeval en een het in 'n botsing met 'n stilstaande voorwerp gesterf.

Die Otjozondjupastreek het met vier sterftes die meeste, gevolg deur Kunene, Omusati, Oshana en Khomas met twee elk. Die Omaheke, Zambezi-, Ohangwena- en ||Kharas­streek het elk een sterfte gerapporteer.

Daar is 20 ongelukke in die Khomasstreek aangemeld, gevolg deur nege in Oshana, agt in Omusati, sewe elk in Erongo en Oshikoto, ses in Otjozondjupa, vier elk in ||Kharas en Ohangwena, drie elk in Zambezi en Omakeke, en een elk in Hardap, Kunene en Kavango.

Altesaam 1 107 skulderkenningsboetes met 'n gesamentlike waarde van N$1,2 miljoen is uitgereik. Dit sluit in 137 vir spoedoortredings, 118 vir bestuurderslisensies, 105 verontagsamings van padreëls, 94 vir voertuiglisensies, 27 vir die gebruik van veiligheidsgordels, 20 vir die gebruik van selfone en vyf vir die onbedag­same bestuur van 'n voertuig.

Soortgelyk

 

Skoolhoof van Swakop sterf aan Covid-19

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Huldeblyke het gister uit onderwys- en ander kringe ingestroom nadat die skoolhoof van Pro-Ed Akademie se hoër­skool op Swakopmund, mnr. Henry McCarthy,...

ReconAfrica voor hof gedaag

9 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer – Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het sonder konsultasie of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye wat wettiglik deur 'n familie by Mbambi...

Weer vir 10 Mei 2021

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm...

Nog NBC-werkers keer terug

9 ure gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking landswyd voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug. Die...

Noodkreet teen misdaadvlaag

9 ure gelede | Misdaad

Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen...

Dwelms van amper N$2 miljoen gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie is in April meer mense in besit van dwelms in hegtenis geneem as gedurende Maart. In Maart is 106 mense in...

Nuwe lewe in onooglike kraghuis geblaas

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Claudia Reiter – Die kunstenaars Kat en Lens het die mure van 'n transformator-substasie in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek geverf en verfraai. “Ons ry...

Geen partytjie vir Nujoma

9 ure gelede | Gemeenskap

Die kantoor van die stigterspresident Sam Nujoma het aangekondig hy gaan nie op 12 Mei sy 92ste verjaardag met 'n openbare byeenkoms vier nie. Dié...

Betaaldag hier vir Air Namibia se personeel

9 ure gelede | Vervoer

Ogone Tlhage – Die minister van openbare ondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het bevestig die regering het 'n gedeelte betaal van die N$278 miljoen wat...