Donkiebaai lok wu00eareldbekende golfryers
Donkiebaai lok wu00eareldbekende golfryers

Donkiebaai lok wêreldbekende golfryers

Jessica Botes
Jessica Botes - Wêreldbekende brander- en lyfplankryers uit verskeie lande het die afgelope week na die Namibiese kus gereis om van die beste branders in die wêreld baas te raak.

Gerugte het ook die ronde gedoen dat die professionele Amerikaanse branderplankryer, Kelly Slater, gister in Namibië sou wees.

Brett Barley en sy vriend Oliver Kurtz het op ‘n ingewing van die oomblik besluit om Namibië vandeesweek te besoek. Hulle was nie spyt oor dié besluit nie, omdat Donkiebaai met sy beste branders ooit gespog het.

Die Hawaiër Koa Smith het vir byna twee minute lank ‘n golf by Donkiebaai oor ‘n afstand van een en ‘n half kilometer gery. Op dié golf is hy deur agt tonnels.

Nog bekendes wat die asemrowende golwe aangedurf het, is Dale Staples van Suid-Afrika, Nato González van Spanje en Jonathan Gibbons van Peru.

Smith het in ‘n onderhoud met Stab Magazine gesê daar was minder bekende golfryers as wat verwag is.

“Daar was baie twyfel oor hierdie golfdeining. Mense het gedink die hoek van golwe sou dalk vreemd wees, of dat dit te klein sou wees, en daar was baie twyfel oor die winde, so baie mense het op die ou end besluit om nie te kom nie - wat dit vir ons beter gemaak het,” het Smith gesê.

Donkiebaai is naby Walvisbaai, suidwes van Pelican Point.

Die volgende groot golfdeining word teen Maandag verwag.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!