Donderstorms eis 70 in Indië
Minstens 70 mense is dood en meer as 100 beseer in 'n nuwe vlaag van wind- en donderstorms wat Indië teister, het amptenare Maandag gesê.
Winde van meer as 100 km/h het dele van die noorde, ooste en suide van Indië Sondag laat getref. Bome is ontwortel, kragpale is omgeruk en huise beskadig, sê amptenare van die federale en staatsrampbestuursagentskappe.
Hael- en donderstorms, waarin mure, kragmaste en bome omgeruk is, het die dood van 40 mense in die staat Uttar Pradesj veroorsaak, sê T.P. Gupta van die rampbestuursafdeling.
Nog 80 mense is beseer nadat winde sowat 40 huise oor Indië se digbevolkte staat heen verwoes het.
Nog 14 mense is Sondag in donderstorms in Wes-Bengale dood en 12 mense is in Andhra Pradesj deur weerlig doodgeslaan.
Dié staat is op 1 Mei ook deur 40 000 weerligstrale getref wat binne ure die dood van 14 mense veroorsaak het.
Die Indira Gandhi Internasionale Lughawe was weens die winde meer as twee uur gesluit. 70 vlugte moes herlei word.
Dié treurspel kom net tien dae nadat 'n sandstorm die dood van 84 mense, die meeste in Agra, die stad waar die Taj Mahal is, veroorsaak het.
Indië is sedert begin vandeesmaand in die greep van fratsweersomstandighede met baie dele van die land waar uiterste weersomstandighede heers.
Minstens 22 mense is Donderdag oor Indië heen in 'n donderstorm dood.
In die sandstorm op 2 Mei is minstens 134 mense dood. Wydverspreide verwoesting het ook in die westelike staat Rajastan en in die noordelike state Punjab en Uttarakhand voorgekom.
– Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie