Dollar struikel, rand verstewig
Die rand het vir die eerste keer in meer as ’n week teen onder die R19-vlak teenoor die Britse pond verhandel.
Elvira Wood – Swakker as verwagte kleinhandelverkoopsyfers in Amerika het die dollar laat struikel, maar die rand ’n hupstoot gegee.
Reuters berig Amerikaanse kleinhandelverkope het met net 0,1% in September teenoor ’n jaar tevore gestyg.
Dit het beleggers na ander geldeenhede – ingesluit die rand – laat kyk.
Die rand het vroegoggend teen R14,35 teenoor die dollar verhandel nadat hy die week op R14,49 begin het.
Die rand het ook vir die eerste keer in meer as ’n week teen onder die R19-vlak teenoor die Britse pond verhandel.
Hy het vroegoggend teen R18,88 teenoor die Britse pond en R16,62 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake so:
· Goud: $1 226 per fynons
· Platinum: $841 per fynons
· Olie: $80,95 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 499,51
· Ethereum: $208,56 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie