Dollar steeds sterk, rand bly onder druk
Elvira Wood – Die Amerikaanse ekonomie wat voort stoom help die dollar om sy pas vol te hou teenoor ander geldeenhede.
Reuters berig die dollar het Dinsdag die sterkste in 16 maande teenoor ’n mandjie ander geldeenhede presteer.
Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R14,63 teenoor die dollar verhandel.
Die dollar verhandel steeds sterk teenoor ander geldeenhede weens kommer oor die handelsoorlog tussen die VSA en China.
Pres. Donald Trump het Maandag gesê hy dink daar kan “ ’n goeie handelsooreenkoms” met China gesluit word, maar ook dat hy reg is om nog miljoene dollars se invoertariewe op produkte uit dié land te hef sou dit nie realiseer nie.
Joe Manimbo, senior markontleder by Western Union Business Solutions in Washington, sê behalwe vir dié kwessie blyk dit ook dat die onderliggende sterkte van die Amerikaanse ekonomie die Federale Reserweraad gaan toelaat om rentekoerse vanjaar en in 2019 verder te verhoog.
Hoër rentekoerse in Amerika lok meer beleggers wat weer die dollar ondersteun.
Brad Bechtel, besturende direkteur by Jefferies in New York, sê reserwebanke en ander instellings is ook geneig om aan die einde van die jaar dollars te koop om hul laste en bates wat in dié geldeenheid gemeet word op balansstate aan te pas.
Dit steun ook die dollar.
Die rand het Woensdagoggend vroeg teen R18,59 teenoor die Britse pond en R16,59 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake so:
· Goud: $1 217 per fynons
· Platinum: $834 per fynons
· Olie: $76,35 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 282,60
· Ethereum: $197,24 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie