Dokters wis nie van voorskrifte
Dokters wis nie van voorskrifte

Dokters wis nie van voorskrifte

Die herskedulering van sekere medikasie jaag die koste vir pasiënte verder op.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende kodeïen, wat nou 'n voorskrif vereis nie.

Nóg die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) nóg die Mediese Vereniging van Namibië (MAN) is amptelik hieroor deur die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) of die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste (MoHSS) ingelig.

Die Aptekersvereniging van Namibië (PSN) het verlede week die NMRC en MoHSS hof toe gesleep om 'n besluit ter syde te stel om die klassifikasie van kodeïen van 'n skedule 1-medikasie na skedule 2 te verander.

Ook moet die besluit ter syde gestel word om die klassifikasie en toelaatbare dosisse van sekere ander medisyne en middels te verander.



ANDER PRODUKTE

Dié medisyne en middels sluit onder meer entstowwe, vitamien A, B, C, D en K, water vir inspuitings, asook inspuitings in.

Dr. Dries Coetzee van die NPPF sê lede het geen amptelike kennisgewing oor die besluit ontvang nie en hulle het “via apteke” daarvan gehoor, wat pasiënte vir voorskrifte na hulle verwys het.

Lede was ook nie bewus van die ander produkte wat hierdeur geraak word nie.

“Dit kon wel gegazette gewees het, maar wie lees elke dag die Staatskoerant? Hoe weet ek hierdie goed as dit nie met dokters gekommunikeer word nie?” vra Coetzee.

Volgens hom gaan die besluit ook kostes onnodig opjaag.

“'n Dokter gaan nie 'n pasiënt verniet behandel nie. Die pasiënt moet steeds 'n konsultasie- en voor­skriffooi betaal.”

Dr. David Weber van MAN het beaam geen amptelike skrywe is van die NMRC of MoHSS oor die kwessie ontvang nie.

Volgens Weber moet die herskedulering van medikasie ook die blaam dra vir die feit dat sekere “gewone” medikasie nie beskikbaar is nie.

“Die beskikbaarheid van behandeling is 'n mensereg. Omdat sekere produkte nou geherskeduleer is, is dit nie moontlik nie,” sê Weber.

Mnr. Benjamin Khumalo van die PSN verwys in hofstukke na ver­skeie produkte wat deur die besluit geraak word.

Dit sluit onder meer griep- en vitamien B-inspuitings in, wat voorheen sonder voorskrif deur aptekers toegedien kon word.

Volgens Khumalo word griepinspuitings in groot hoeveelhede aan die begin van die winter aan gemeen­skapsapteke beskikbaar gestel.

“Letterlik duisende Namibiërs nader hul aptekers jaarliks vir 'n griepinspuiting.

“Met skedule 2 wat nou op 'n 'kombersverbod' op inspuitings dui, mag entstowwe nie meer deur aptekers deur middel van 'n inspuiting toegedien word nie. Dit beteken byna alle entstowwe wat normaalweg deur aptekers toegedien word, het die mediese landskap deur 'n enkele besluit ten slegste verander sonder dat die aptekersbedryf van die redes hiervoor ingelig is,” sê Khumalo.

Die herskedulering van normale soutwater en water vir inspuitdoeleindes tot skedule 2 is “belaglik”, sê hy.

Khumalo sê ook die NMRC en MoHSS se “onvanpaste optrede” word duidelik wanneer die vaardighede van aptekers met etlike jare se formele en praktiese ervaring en “duisende inspuitings” vergelyk word met die feit dat 'n studenteverpleegster enige aantal inspuitings aan pasiënte kan toedien ná net 12 maande se opleiding.

Hy verwys ook na die herskedulering van produkte soos Capsaicin, 'n anti-inflammatoriese middel wat in sportpleisters gebruik word om spiere te verhit en te laat ontspan, wat op supermarkrakke beskikbaar was.

“Die enigste ooglopende skade uit die gebruik van die middel is wanneer jy dit in jou oë vryf, maar dit kan ook met goed gebeur wat geredelik be­skikbaar is, soos peper, mosterd en rissies.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49%