Dokters van Mammon

21 October 2019 | Rubrieke
Minette Brink – “Dokter X se spreekkamer, goeiemôre.”

Die vrolike stem anderkant die foonlyn druk terstond my gemoed in eerste rat.

“Middag,” sê ek. “Ek wil asseblief ‘n afspraak maak.”

“Goed, sê Sonskyn. “Privaat of mediese fonds?”

“Mediese fonds,” sê ek diep dankbaar. Daarsonder was ons gesin permanent op koolbroodjies. Ek gee my besonderhede.

“Goed,” sê Sonskyn. “Dokter het Vrydag 12:00 ‘n plekkie oop.”

“Perfek,” sê ek.

“Goed,” sê Sonskyn. “Bring vir ons u ID’tjie en mediesefondskaartjie saam en betaal asseblief tog voor die besoekie vir ons N$3 000 in. Ek e-pos die bankbesonderhede. . . Hallo? Hallo? Mevroutjie, is mevroutjie nog daar?”

“N$3 000? Waarvoor?” vra ek hees.

“Dis ‘n eenmalige betalinkie vir allerlei,” sê Boodskapper van Skoktyding.

“Kan ek dit eis van my medies?”

“O nee, mevroutjie, u kan nie. Dis dokter se standaardfooi vooraf.”

“Sluit dit die konsultasie in? Kan ek dit afbetaal?” vra ek naar.

“Nee, mevroutjie. Die besoekies kos N$1 500 per sessie. Dis ekstra. Sonder die volle betalinkie vooraf kan die afsprakie ook nie bevestig word nie.”

“Dis nie mooi nie,” stik ek. “Jammer dat ons mekaar se tyd gemors het. Tot siens.”

Lank nadat ek die foon neergesit het, is ek nog naar.

Ek begin rondvra. Dis toe veel erger as heeldag opgooi.

“Daai is ou nuus,” sê Lydia, Helga, Diane en Melanie (skuilname word gebruik om weerlose pasiënte teen verdere misbruik deur sekere dokters te beskerm).

En hulle deel hul eie gruwelverhale.

Hoe slaap sulke skelms saans? Al die kwalifikasies en studiejare op aarde kan tog nie die waansinnige bedrae regverdig nie. N$3 000 vooraf net om ‘n afspraak te bevestig? Vir allerlei wat? Nóg ‘n sportmotor, strandhuis, oorsese vakansie, boot, plaas, ingevoerde speelgoed?

Hou op of trek ver weg. Stig ‘n eksklusiewe oord vir jul mafia van kwylende kwakke en brag gerus tot satwordens by mekaar oor wie die meeste offers dié week gegryp het vir jul god Mammon.

Hoekom die beroep kies as daar nie ‘n greintjie medemenslikheid betrokke is nie, maar net ‘n koorsagtige obsessie met status en besittings?

Suur druiwe? Geensins. Hartseer druiwe.

Die misbruiktes onder ons se hande is afgekap. Daar is nie ‘n vertrooster by wie ons kan huil nie. Oor sekere dokters se dodelike verslawing aan nóg. Oor te veel skelms wat ons bloots in die grond in ry.

Die waghond oor genesing se tande is stomp, met geen perke gestel vir tariewe nie.

Vra jou prys, dok. Jy het hard moes werk om die titel te dra. Maar verkoop jou dienste na waarde, nie jou siel nie. Nie een van ons kan dit bekostig nie.

Namibië bloei op alle vlakke. Maar melk sal Mammon se bendes ons bly melk.

Vir die ware geneeshere: Dankie uit die hart oor die hart.

Soortgelyk

 

AgriBusDev-baas geskors

1 minuut gelede | Regering

Mnr. Petrus Uugwanga, die landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) se besturende direkteur, is met onmiddelike effek geskors. Die voorsitter van die AgriBusDev-raad, me. Sophia Kasheeta, het pas ‘n...

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

2 ure gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

6 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

8 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

18 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

18 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

18 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...