Dokters rol duime by die huis
Dokters rol duime by die huis

Dokters rol duime by die huis

Leerlingdokters sit reeds maande lank en wag om te hoor waar en wanneer hulle vir hul internskappe kan aanmeld.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Meer as ’n honderd dokters, wat mediese studente van die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool (SOM) insluit, sit sonder werk.

Dié studente het hul studies verlede jaar voltooi.

Die 129 dokters wat tans aan die staat uitgelewer is vir werk, sluit 63 mediese studente in wat vanjaar met hul internskappe van twee jaar moes begin om daarná as mediese dokters by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) as dokters te kan registreer.

Ook sonder werk is 66 mediese beamptes of algemene dokters wat verlede jaar reeds hul internskappe voltooi het en vanjaar by die staat as mediese dokters wou inval.

Van die voorstelle deur die groep was dat hulle by een van die vier opleidingshospitale sonder vergoeding inval om ten minste die ure wat vir registrasie nodig is op te maak – maar dié is glo verwerp.

Die aantal ure wat hulle dan sou werk, sou glo nie vir hul twee jaar lange internskap tel nie.

Dokters wat nou wel by die opleidingshospitale – Katutura, Windhoek Sentraal, Onandjokwe en Oshakati – diens verrig, werk glo tot 18 uur lange skofte weens die gaping wat deur leerlingdokters gelaat is.

Van die leerlingdokters wat met die hulp van lenings hul studies voltooi het, kan tans ook nie hul studieskuld begin afbetaal nie.

Namibiese studente wat hul studies aan SOM voltooi het en nou plaaslik gestrand is, kan ook nie hul internskappe in lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-streek voltooi, wat ook mediese skole het nie.

Dié lande gee voorkeur aan hul eie studente. ’n Opsie is wel om in ’n land soos Amerika ’n internskap en huisdokterjaar te gaan doen en raadeksamens hier te voltooi. Vir die meeste van die voornemende dokters is dié opsie egter finansieel nie haalbaar nie.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het vroeër in ’n onderhoud met Republikein gesê die leerlingdokters “moet net wag, uiteindelik gaan almal van hulle geplaas word”.

Volgens Shangula was daar net “logistieke kwessies in terme van spasie en waar om hulle te plaas”, wat eers uitgesorteer moet word en uitstaande is.

Hy het ’n gebrek aan geld om die leerlingdokters se salarisse tydens hul internskappe te betaal, asook dié van nuwe aanstellings, ontken.

Shangula het gesê die ministerie het net vier opleidingshospitale waar die leerlingdokters uitgeplaas kan word, maar die voorneme is om die omstandighede te skep vir meer hospitale om geakkrediteer te word.

’n Omsendbrief uit die kantoor van die eerste minister het vroeër vanjaar reeds ’n verbod op die plasing van vakleerlinge tot verdere kennisgewing geplaas.

Die brief is aan alle uitvoerende direkteure, die sekretarisse van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad, die adjunk- ouditeur-generaal, die hoof van die Verkiesingskommissie, die direkteur van die Namibiese Veiligheids- en Intelligensiemaatskappy sowel as hoofstreekbeamptes in die 14 streke van die land gerig.

Daar word ook verwys na ’n personeelbepaling vir staatsdienswerkers wat betrekking op die plasing van studente en vakleerlinge in die openbare sektor het.

Dié bepaling maak voorsiening vir riglyne vir die bestuur van internskapprogramme by die staat, wat ten doel het om studente en gegradueerdes van praktiese ervaring te verskaf.

Die praktiese opleiding ondersteun hul teoretiese kennis, klasonderrig, en verhoog professionele ontwikkeling vir registrasie by professionele liggame waar nodig.

Volgens die omsendbrief word die plasing van die verwante studente en gegradueerdes tot verdere kennisgewing opgehef.

Die brief, gedateer 15 Januarie 2019, is deur die kabinetsekretaris, mnr. George Simataa, onderteken.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.71/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0023 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 902.18/OZ UP +0.82% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.71/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0023 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 902.18/OZ UP +0.82%