Dokter jaag glo pasiënt weg
GESKOKTE WERKGEWER SKRYF:
Ek was vandag (21 Maart 2017) so woedend en geskok.
My huishulp is al ‘n geruime tyd siek. Sy was by die staatshospitaal, maar die diagnose het nie vir my heeltemal reg geklink nie.
Ek het betaal vir ‘n afspraak by die privaatdokter. Die dokter het sy diagnose gemaak en haar teruggestuur na die hospitaal vir verdere toetse.
Toe sy egter Maandag, baie siek en baie swak, by die staatshospitaal kom en die privaatdokter se diagnose vir hul wys, het die dokter by die staatshospitaal haar weggejaag en vir haar gesê sy moet teruggaan na die privaatdokter, want sy het mos baie geld.
Sy kon skaars loop en wou omval. Gelukkig het ‘n verpleegster haar gesien en vir die dokter gesê dat sy die vrou moet help, want as sy doodgaan sal die dokter in groot moeilikheid wees.
Sulke dokters se lisensies moet afgevat word. Dit is skokkend. Wat van die eed wat alle dokters aflê?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie