Dok op, su00ea amptenare
Dok op, su00ea amptenare

Dok op, sê amptenare

Werkers in diens van die staat is arbeidskommissaris toe oor salarisse, hoewel hul totale salarisrekening glo reeds kommerwekkend groot is.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh en Jo-Maré Duddy



Ten spyte van kommer oor Namibië se enorme vergoe­dingspakket vir staatsamptenare het twee vakbonde nou 'n dispuut oor salarisonderhandelinge met die regering by die kantoor van die arbeidskommissaris ingedien.

Die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) het gister tydens 'n nuuskonferensie gesê hulle hoop om teen 18 Julie meer te weet oor hoe salarisonderhandelinge met die regering verloop – 'n maand ná die dispuut ingedien is.

Dít volg nadat die regering se onderhandelspan oor salarisverhogings en byvoordele vir staatsamptenare sedert Januarie verlede jaar glo nog geen teenaanbod op die vakbonde se voorgestelde jaarlikse verhogings vir 2019 tot 2021 gemaak het nie.

“Die proses het geen resultate gelewer nie, ons het dus 'n dooiepunt bereik,” het Nantu se sekretaris-­generaal, mnr. Basilius Haingura, gesê.

Die vakbonde het aanvanklik op 12 April vanjaar glo eers 'n interne dispuut met die kantoor van die eerste minister verklaar. Ná die saak nie binne 30 dae opgelos kon word nie, is daar toe by die arbeidskommissaris aangeklop.



EISE

Volgens Haingura het vakbonde aanvanklik vir 'n 8%-salarisver­hoging in die 2018-'19-boekjaar vir alle ­amptenare gevra, maar met die ­regering ooreengekom daar sal geen verhogings wees nie weens die “swak e­konomie en die regering se situasie”.

Vir die 2019-'20-boekjaar is op 'n 9%-salarisverhoging aangedring asook 'n 10%-verhoging in behuisingsubsidies of -toelae.

Die vakbonde vra 'n 10%-salarisverhoging in die 2020-'21-boekjaar, asook 'n 12%-verhoging vir reistoelae vir personeel op bestuursvlak asook vir diegene direk onder hulle.

Boonop versoek die vakbonde dat uitbetalings vir vervoer­eise na N$6 per kilometer verhoog word.



FINANSIËLE IMPLIKASIES

'n Salarisverhoging van 9% beteken die salarisrol vir ­2019-'20 sal tot sowat N$26,88 miljard styg.

Dit is minstens N$1 miljard meer as die bykans N$25,7 miljard waarvoor in die begroting voorsiening gemaak is.

Die totale begrote vergoedingspakket van staatsamptenare vir vanjaar beloop reeds bykans N$29,97 miljard – sowat 51% van die staat se totale verwagte inkomste vir 2019-'20.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het in sy begrotingstoespraak in Maart gesê teen 51% van die nie­rente-bedryfsuitgawes, en 15,5% van die BBP het die sentrale regering se salarisrekening met 110% gestyg oor die vyf jaar vóór die 2018-'19-boekjaar.

Pres. Hage Geingob het in sy staatsrede gesê staatsamptenare se verhoogde salarisrekeninge het 'n saak van kommer geword en moet aangespreek word.

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het tydens hul besoek in Junie gesê Namibië se belangrikste uitdagings is om spesifieke beleide te identifiseer wat die owerheid se fiskale konsolideringsplanne sal laat realiseer om die staatskuld­dinamika te stabiliseer.

Dit volg nadat 'n vergadering wat vandeesweek tussen die vakbonde en Staatshuis geskeduleer was nie plaasgevind het nie.

Volgens Staatshuis was die rede dat lynministers nie beskikbaar was nie.

Die beplande vergadering gaan nou vir 'n latere datum geher­skeduleer word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041