Doelwit is 60% teen Januarie
Doelwit is 60% teen Januarie

Doelwit is 60% teen Januarie

Onderwysers, hoërskoolleerlinge en studente vorm deel van die land se teikengroep vir inenting teen Covid-19.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Met Namibië wat in Maart sy eerste dosisse Covid-19-entstowwe ontvang het, is die beplanning dat, afhangend van wanneer die volgende entstof in die land aankom, 60% tot 80% van die bevolking teen Januarie aanstaande jaar teen Covid-19 ingeënt moet wees.

Dit volgens die land se ambisieuse nasionale ontplooiings- en immuniseringsplan teen Covid-19. Teen Donderdag is nog net 70 585 mense ingeënt.

Gestremdes, gevangenes, vlugtelinge, sekswerkers en inwoners in informele nedersettings is van die teikengroepe in fase 1 van die veldtog wat 'n doelwit van 501 228 inwoners in dié fase najaag.

Onderwysers, hoërskoolleerlinge en studente word in fase 2 geteiken. Volgens die plan is die hoop ook om 120 200 hoërskoolleerlinge en studente in te ent, 50% van die totale aantal leerlinge in die sekondêre en studente in die tersiêre fase.

Voorkeur word gegee aan entstowwe wat by bestaande geriewe met kouekettingtemperature geberg kan word. Die berging by dié geriewe op nasionale vlak sal versterk word met die huur van bykomende bergingsruimte van 180 kubieke meter.

Met verwysing na menslike hulpbronne moet die ministerie volgens die plan een apteker, tien aptekersassistente, een administratiewe beampte en een stelseladministrateur aanstel.

Altesaam 1 062 gesondheidswerkers, 708 vrywilligers en 107 drywers is ook nodig om dit glad te laat verloop.

Volgens die plan is die suksesvolle ontplooiing van die entstowwe grootliks afhanklik van 'n verskaffingsketting wat doeltreffend bestuur word.

Van die entstowwe kan tussen +2 °C en +8 °C geberg word, terwyl ander by vriespunttemperature geberg moet word. Evaluerings van die bestaande verskaffingsketting is uitgevoer, met gapings en soos 'n gebrek aan uiters-koueketting (UCC)-berging en onvoldoende koeltrokke vir die vervoer van entstowwe na subnasionale vlakke.

Die ministerie het in dié verband die private sektor genader om bykomende gepaste bergingsruimte en koeltrokke vir die vervoer van entstowwe te huur. Private maatskappye is ook betrokke by die beplanningsproses vir die ontplooiing van entstowwe.

Die verwagte tydperk vanaf die datum van aankoms van die ent­stowwe tot die aanvang van immunisering is twee weke.

Volgens die plan beoog Namibië om sowat 60% van die bevolking (1,5 miljoen inwoners) in te ent om 'n voldoende vlak van kudde-immuniteit te verseker. Die plan teiken 140 849 inwoners in fase I(a) en (b), 342 565 in fase II(a) en (b) en 1 064 956 in fase II(c) en (d).



EKSTRA DOSIS

Met verwysing na die evaluering van entstowwe vir gebruik in Namibië, verkry die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) dossiere direk van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) om deur die raad se weten­skaplike komitee ondersoek te word. Die komitee lê dit aan die raad voor wat die keuse het om dit te aanvaar of te verwerp vir gebruik in Namibië. Die besluit word binne twee dae geneem.

Met verwysing na nuwe variante soos onder meer dié in Suid-Afrika en Indië, sal Namibië die jongste be­skikbare data in dié verband monitor en huidige entstowwe met 'n ekstra dosis versterk soos wat in die geval van immuniseringsprogramme vir hepatitis C en griep gedoen word.

Van die punte wat 'n bedreiging vir die land se inentingsprogram inhou, sluit in onsekerheid oor die finansiering van Covax, die intense kompetisie op die wêreldmark en die opgaar van entstowwe deur welgestelde markte.

Die verlenging van die tydperk tussen die eerste immunisering en die ondersteunende (booster) dosis kan immuniseringspotensiaal en die risiko van mutasies verhoog.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38%