Doeanebeamptes word opgelei
Die Amerikaanse ambassade se streekskantoor vir veiligheid, die Amerikaanse Vis en Wildlewediens (USFWS), sowel as beamptes van die land se Doeane- en Grensbeskermingsdienste, het onlangs opleiding aan Namibiese doeanebeamptes verskaf.
Die ministerie van finansies se direktoraat van doeane en aksyns was die gasheer, en besoek is ook aan die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, sowel as die Eros-lughawe gebring.
Altesaam 20 beamptes van die direktoraat van doeane en aksyns het die opleiding bygewoon.
Die kursus het tegnieke vir die smokkel van wildlewe, asook 'n ontleding van beslaglegging ingesluit.
Die dag lange kursus is deel van 'n nuwe program wat wêreldwyd verskeie kere per jaar aangebied word.
Handel in wildlewe is 'n gedeelde belang van die Amerikaanse en Namibiese regerings in 'n deurslaggewende tyd vir suidelike Afrika, omdat dit die streek se toerismesektor bedreig, wat ekonomies van kardinale belang is.
Die Amerikaanse ambassade in Namibië ondersteun die Namibiese regering se pogings om wildstropery en handel in wildlewe hok te slaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie