Dodelike oorstromings in Frankryk u2013 12 dood
Dodelike oorstromings in Frankryk u2013 12 dood

Dodelike oorstromings in Frankryk – 12 dood

In van die dodelikste oorstromings in jare in Frankryk, is 12 mense Maandag dood toe storms die suidwestelike deel van die land getref het.

Twee mense is steeds vermis en agt ander ernstig beseer, berig Al Jazeera.

Pres. Emmanuel Macron het die “medelye en simpatie van die hele land aan die slagoffers en families van die Aude-vloede” oorgedra.

Sowat 1 000 mense is uit die ­Pezens-gebied ontruim uit vrees dat 'n nabye dam kan oorstroom. Motors het weggespoel, strate het oorstroom en geboue en brûe is beskadig. Helikopters is ontplooi om mense te help wat vas­gekeer was omdat paaie onbegaanbaar was.

Duisende huise in die omgewing was sonder elektrisiteit.

Die BBC berig volgens plaaslike owerhede het maande se reën oornag in slegs 'n paar uur geval. 'n Non is deur die Aude-rivier weggespoel, berig die plaaslike uitsaaier BFMTV.

In 'n ander voorval is 'n polisievrou, wat op 'n ongelukstoneel in die dorp Albi besig was, dood nadat sy deur 'n voertuig getref is. Die ongeluk is glo deur die weer veroorsaak.

Alain Thirion, prefek van Aude, sê mense is op dakke vasgekeer en sal met helikopters gered word omdat dit te gevaarlik is vir bote.

Volgens Vigicrues, die weermoni­teringsdiens, is die vloede die ergste in meer as 100 jaar.

Sewe helikopters en 700 nooddienswerkers is ontplooi, sê Édouard Philippe, minister van binnelandse sake. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!