Dit raak warmer én kouer
Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979.
Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir Junie sowat 0,1°C hoër as die vorige warmste Junie in 2016.
Veral Europa, waar dit tans somer is, het dit gevoel.
Die nieregeringsorganisasie LandWater het verlede week in 'n Facebook-inskrywing verduidelik die aarde se manier om temperatuurspronge te balanseer, is eenvoudig: Wanneer dinge te warm raak op een plek, raak dit weer baie koud op 'n ander plek.
LandWater meen Suid-Afrika kan dalk gevolglik binnekort baie koud raak.
Boonop bestaan vooruitsigte van meer koue ná 'n kouefront die afgelope naweek sy verskyning in die Kaap gemaak het. Dít volg op twee ander kouefronte wat die vasteland die afgelope week en 'n half getref het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie