Distell se 4th Street groei vinnigste in die wu00eareld
Distell se 4th Street groei vinnigste in die wu00eareld

Distell se 4th Street groei vinnigste in die wêreld

Dié wyn is gemik op die millennium-geslag, wat die mark deesdae die meeste beïnvloed.
Francoise Steynberg
Nellie Brand-Jonker - Die Suid-Afrikaanse wyn 4th Street is die vinnigsgroei­ende wynhandelsnaam in die wêreld, luidens 'n nuwe verslag.

Netwerk24 het al voorheen berig oor hoe vinnig die handelsnaam se verkope in Suid-Afrika toeneem.

Luidens die verslag van die marknavorser International Wine and Spirit Research (IWSR), neem E&J Gallo se Barefoot-wyne se verkope die tweede vinnigste toe.

Eliska Botha, internasionale bemarkingsbestuurder van Distell, sê dit is 'n besondere prestasie as 'n mens in ag neem dat 4th Street nét in Suid-Afrika en enkele Afrikalande versprei word.

“Toe ons 4th Street bekend gestel het, wou ons tradisies agterlaat en die klem plaas op 'n verbruiker wat wyn nog nie ken nie, maar tog gehalte wil hê.

“Ons het die volgende geslag van wyndrinkers in ons visier gehad, en het toeganklike, heerlike wyne met billike pryse geskep wat jy tog danksy die verpakkings, beslis raaksien,” sê sy in 'n verklaring.

Volgens haar is die wyn gemik op die millen­nium-geslag wat die mark deesdae die meeste beïnvloed.

Sy sê die handelsnaam toon groot sukses in 'n land soos Suid-Afrika waar bier die mark oorheers.

Die handelsnaam is aanvanklik in 2009 bekend gestel, met nét 'n Naturally Sweet Rosé in bottels van 750 ml en 1,5 liter.

In 2011 het dit uitgebrei, met die rosé as bokswyn en die byvoeging van 'n Naturally Sweet Red en Naturally Sweet White in bottels van

750 ml en in bokswyn. Die verkope het begin toeneem toe bokswyn bekend gestel is.

Dié wyn is een van die redes waarom wynverkope in Suid-­Afrika so skerp styg.

Verlede jaar het wynverkope in die eerste ses maande van die jaar in Suid-­Afrika met amper 10% gestyg danksy 'n skerp toename in die verkope van bokswyn. Dit is die sterkste styging in meer as 'n dekade. “Wynhandelsname moet besluit hoe hulle verbruikers gaan betrek. Die yslike klomp handelsname op die rakke oorweldig mense wat wyn nog nie ken nie. Die verskillende smaakprofiele en intimiderende wyntaal skrik hulle ook af.

“Ons het dit baie eenvoudiger gemaak om wyn te geniet. Ons het met ons wynaanbod na heel basiese beginsels teruggekeer, met minder soorte om van te kies en toeganklike verpakkingsgroottes, sodat die wyn op alle geleenthede geniet kan word, met gehalte wat verbruikers steeds verras en verheug.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048