Diskriminasie: Wetgewing onvoldoende
Diskriminasie: Wetgewing onvoldoende

Diskriminasie: Wetgewing onvoldoende

'n Reeks openbare vergaderings gaan algemene diskriminasie, rassisme en stamgebondheid in Namibië aanpak.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Mense word ontmoedig­ om klagte van rassediskriminasie­ aanhangig te maak weens die omslagtige proses daaraan verbonde.

Maar voortgesette rassisme, rassediskriminasie, stamgebondenheid en onverdraagsaamheid in Namibië dui aan dat nuwe maniere gevind moet word om dit hok te slaan.

Volgens Namibië se ombudsman is die eerste stap om te erken dat dié praktyke wel bestaan.

“Dit is nie iets wat ver weg en lank gelede is nie, maar ook hier en nou.”

Adv. John Walters is deel van 'n paneel wat prof. Nico Horn, 'n regskenner, me. Linda Bauman, 'n menseregteaktivis, en me. Toni Hancox, 'n menseregteprokureur, insluit. Dié paneel sal in Junie openbare vergaderings oor die onderwerp lei.

Die vergaderings is volgens Walters nodig om insette van die publiek af te kry om die omvang van rassisme asook rasse- en algemene diskriminasie in die land te bepaal.

Inligting wat tydens die vergaderings sowel as tydens 'n landwye sosiale mediaveldtog ingesamel word, sal as voorloper vir regshervormingvoorstelle dien.

Dit sal dan toegepas word in ver­skeie internasionale ooreenkomste, streeksooreenkomste en streekswette.

Walters sê die huidige wetgewing is nie genoeg om diskriminasie te besweer nie.

“Hoewel die huidige wet sekere optrede en praktyke van rassediskriminasie as 'n misdaad verklaar, is daar net 'n paar gevalle wat die hof haal.”

Die afgelope drie jaar het die aanklaer-­generaal 19 polisieverslae in dié verband ontvang. Net ses hiervan dien tans voor die hof.

“'n Strafhof het 'n hoë standaard van bewyslas,” het hy gesê.

Horn het in dié verband gesê die wet word “baie eng geïnterpreteer” en dit is “byna onmoontlik om mense van rassediskriminasie aan te kla”.

Volgens hom is iets soms “nie werklik 'n strafregtelike oortreding nie”, maar dit kan aanstootlik en beledigend vir ander wees.

Hy het gesê dit wil voorkom of Namibiërs begin het om alles deur 'n etniese lens te sien.

“Ons plaas mense byna altyd in kate­gorieë.”

Volgens Walters sal die openbare vergaderings aan mense die geleentheid bied om “vrylik te praat” en moet mense nie bang wees om hul storie te deel nie.

“Ons wil die kwessie hanteer, nie die persoon nie.”

Hy het die publiek aangemoedig om aan die openbare vergaderings en veldtog deel te neem, omdat “die mense ons moet lei”.

“Hulle moet onder ons aandag bring waar onverdraagsaamheid heers. Inwoners móét betrokke raak, ons wil verstaan en weet hoe hulle dit ervaar en nuwe maniere vind om dit te takel.”

Volgens Walters is diskriminasie en onverdraagsaamheid onlosmaaklik met mekaar verbind.

“Ons moet nuwe maniere vind om rassisme, rassediskriminasie en stamgebondenheid te takel. Dit sluit maatreëls in om dit op sosiale media te beveg, die aanvaarding van 'n slagoffer-­georiënteerde benadering, maatreëls om gelykheid by indiensneming te verseker, die verbetering van die uitvoer van wetgewing, en die ontwikkel van metodes om mense te leer hoe om van ou gedragspatrone af te sien om 'n nuwe kultuur van veelrassige demokrasie te skep.”

Walters het erken om gevestigde gedragspatrone te verander, is nie altyd maklik nie, maar die media kan in dié geval help deur bewusmakingsveldtogte te ondersteun.

Walters het na 'n tribunaal verwys wat deur regslui ondersteun word waar Jan Publiek die geleentheid gegun sal word om sy of haar saak te stel.

“Ek noem dit 'eenvoudige geregtigheid tussen mens en mens'. Dit sal elke inwoner toegang tot geregtigheid bied.”

Die openbare vergaderings in Windhoek duur van 6 tot 9 Junie en is gemik op organisasies wat gevra is om voorleggings aan die ombudsman te doen.

Gemeenskapsvergaderings vind ook plaas op Gibeon (19 – 21 Junie), Katima Mulilo (26 – 30 Junie), Opuwo (9 – 11 Julie), Tsumkwe (12 – 15 Julie) en Gobabis (20 Julie).

Inwoners kan voorleggings op die ombudsman se webtuiste maak oor hul ervaring van dié onderwerp en voorstelle indien oor hoe dit getakel kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 321.68/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.55% | Zinc US$ 2 873.10/T UP 2.37% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 897.56/OZ DOWN -0.0051 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 321.68/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.55% | Zinc US$ 2 873.10/T UP 2.37% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 897.56/OZ DOWN -0.0051