Dis mos net ’n onskadelike gemmerbiertjie?

22 May 2020 | Rubrieke
Mariselle Stofberg – Vele van ons Namibiese landgenote is liewer vir hul drank as vir die lewe self, so enigiemand sou kon voorsien die oomblik wat die koop en verkoop van drank onwettig verklaar word, sal die onwettige handeldrywing in enige iets wat moontlik ’n fermentasieproses ondergaan het, waarskynlik toeneem.

In Suid-Afrika het pynappelbier behoorlik opslae gemaak met elke Jan Rap en sy maat wat skielik reken hulle is bierbrouers. Ek ken egter iemand wat besluit het hulle gaan eerder die gemmerbier-roete volg. Willemina het besluit sy gaan in die gemak van haar eie tuin begin gemmerbier brou, met die strewe om darem iets anders as net koeldrank, sap en water te drink.

Sy het nie opsetlik besluit om drank te brou nie, maar baie goed in die lewe gebeur mos sonder dat ons dit eintlik bedoel het.

Willemina kies toe ’n resep wat lyk of dit heel lekker kan wees. Die enigste probleem is dat hierdie spesifieke resep redelik baie rosyne bevat. Kommerwekkend baie. Maar Willemina wil juis iets brou met so bietjie skop, want hoekom nou nie?

Toe die gemmerbier gebrou is en die rosyne begin swel, besluit Willemina om so drie bottels vir die familie te gee. Soos dié bottels van een huis na ’n ander beweeg, swel die rosyne. Die probleem is egter dat die 2-liter bottels ook begin swel. Soos die bottels in Willemina se suster Magriet se motor rondrol, swel die bottels en rosyne nog meer. Die hitte help die situasie natuurlik verder aan.

Magriet en haar dogter Gertruida ontvang die bottels die Vrydag en hou dit vir eers in die garage. Waar dit warm en bedompig is, want hoekom nou nie?

Nie een besef wat die gevolge van minstens 30 rosyne in een bottel is nie ... rosyne wat gis met net die beperkte spasie in die bottel om verder te swel.

Beide sien hoe die bottels meer en meer swel, maar nie een van die twee steek ’n hand uit om net die bottels effens oop te draai om van die druk te laat ontsnap nie.

Saterdagaand staan die twee houtgerus en skottelgoed was, toe hulle ’n helse ontploffing in die garage hoor. Magriet skrik haarself in ’n nuwe bloedgroep in en Gertruida val soos ’n sak patats op die kombuisvloer neer, vas oortuig iemand skiet op hul huis.

Soos hulle die garagedeur oopmaak, besef hulle hier is groot fout. Een van die bottels het ontplof en gemmerbier is letterlik oral. Dit is teen die mure, op die vloer oor die hond en stukke plastiekbottel lê in die wasmasjien en op die motor en sommer orals.

Dit is net rosyne waar jy kyk (maar dié rosyne lyk meer soos druiwekorrels soos dit geswel het).

Magriet skree op Gertruida en dié blameer Magriet, want beide soek iemand om na vinger te wys vir die gemors, want die skuldige moet dit mos skoonmaak. Al is alles opgevee en die rosyne opgespoor, ruik die garage soos een of ander sjebeen en niks, maar níks, kry die reuk uit nie.

Beide besluit uiteindelik hulle verdien seker dan maar ’n glas of twee van hierdie onskuldige gemmerbier. Ná een glas is Gertruida se arms dood. Ná drie slukke begin Magriet sing. Twee bottels later is Gertruida met bottel en al op die bank aan die slaap en is Magriet tongslepend besig om haar Idols-oudisie vir die bure op te voer.

Maar dit is mos net gemmerbier, of hoe?

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

2 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...