Dis (amper) heerlike lente!

31 August 2018 | Kuns en vermaak
Yolanda Nel - Watter beter manier om die winter te groet as met ’n heerlike mark in die middestad?

Vandag (31 Augustus) sal Mutual Tower Square in ’n opwipmark omskep word.

“En waar ‘n mark is, is altyd ‘n verskeidenheid kos,” vertel Dawn Maritz, organiseerder van die Windhoek City Market.

“Hierdie opwip-idee dien as ideale platform vir besighede in die omgewing om hulself te bemark,” sê sy.

Volgens haar lok ’n mark baie mense en blaas dit lewe in 'n buurt.

“Ons het ook besef uitstallers het 'n ongelooflike groot behoefte daaraan om hul produkte te verkoop. Sodoende skep ons nie net die geleentheid vir klein besighede om te groei nie, maar ons kan Windhoekers ook blootstel aan plekke waarvan hulle nie bewus was nie,” sê sy opgewonde.

Dawn het gesê hulle het juis op die Mutual Tower Square besluit weens die ongelooflike atmosfeer, “en dit is beslis die ideale omgewing vir 'n markie”.

Afgesien van heerlike kos en drinkgoed en ’n verskeidenheid stalletjies sal die talentvolle Miss H tussen 12:30 en 14:00 by die geleentheid optree.

Hoewel die stalletjies vir hierdie mark reeds vol bespreek is, is belangstellendes welkom om Dawn by [email protected] oor toekomstige geleenthede te kontak.

Enigiemand met idees vir ’n nuwe venue vir die opwip-mark kan haar gerus ook kontak.

“Ons wil lewe in die hoofstraat terugblaas,” vertel sy.

Soortgelyk

 

Lidmaat van Living Waters-kerk sterf

7 ure gelede | Misdaad

‘n Lidmaat van die Fountain of Living Waters Ministries in Freedomland, Katutura, het Maandag 17 September in die Katutura- staatshospitaal gesterf. Me. Ndaifanwa Ndamunonghedna Ashipala...

Seisoenale reënvooruitsig bekendgestel

12 ure gelede | Omgewing

Die Namibiese weerkantoor se Simon Dirkse het pas ‘n seisoenale weervoorspelling uitgereik waarvolgens die groter dele van Namibië normale tot ondernormale reën tussen Oktober en...

Air Namibia vra nóg miljarde

23 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman - Air Namibia se topbestuur sê dit sal tussen N$2,5 en N$3 miljard kos om winsgewend en selfstandiger te word.By ‘n voorlegging aan...

175 ton op 136 wiele

23 ure gelede | Energie

Twee vragmotors het gister met ’n NamPower-transformator van 175 ton daarop deur die hoofstad gery.Die vrag word deur vier voertuie begelei en is op pad...

'Elke dag is die beste van my lewe'

23 ure gelede | Mense

Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander. Ná die ongeluk is hy meegedeel dat...

Weer vir 20 September 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit baie warm wees, maar bloedig warm in...

Swakopmunder skuldig aan seksdade

23 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met...

Prins William kom kuier

23 ure gelede | Gebeure

Francoise Steynberg - Prins William gaan Maandag vir die eerste keer amptelik in Namibië kom kuier ná sy rooikop broer, Harry, die land al 'n...

Interpol-bal aan die rol vir Rooies

23 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en Interpol span tans kragte saam om ’n oudlanddros terug in Namibië te kry.Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se plaaslike...