Dirk Uys Meatco se topprodusent
Elvira Hattingh - Terwyl Meatco vanjaar sy dertigste bestaansjaar vier, is mnr. Dirk Uys van die plaas Dalmuta Vrydagdagaand as Meatco se 2016 produsent van die jaar aangewys.
Hy was ook onder die topvyf kommersiële slagprodusente en die topprodusent in die Omahake-streek. Hy wen 'n reis Londen toe. By hom op die foto is sy vrou Hannetjie.
Die kommunale produsent van die jaar is mnr. Esegiel Nguvauva van Okomakaura in die Omatako-kiesafdeling. Hy wen 'n bul van sy keuse ter waarde van N$40 000 wat vir hom afgelewer word. By hom op die foto is sy vrou, Ursula.
Vanjaar het altesaam 74 produsente pryse van Meatco ontvang en die N$165 000 wat deur Hollard vir die geleentheid geborg is, is as prysgeld aan produsente gegee. Foto's Elvira Hattingh.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie