Direkteur se kommissie laat trust steier
Direkteur se kommissie laat trust steier

Direkteur se kommissie laat trust steier

Die hof het Dinsdag die getuienis van die laaste getuie in die saak tussen die Michelle McLean Children's Trust en die trust se voormalige direkteur aangehoor.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Regter Thomas Masuku het Dinsdag die getuienis van mnr. Neil McHardy, 'n ouditeur verbonde aan die Suid-Afrikaanse ouditeursfirma PKF, aangehoor.

Dít in die saak waarin mnr. Danie Botes, die voormalige geldinsamelaar en direkteur van die Michelle McLean Children's Trust (MMCT), die trustees vir miljoene dagvaar.

Nadat Botes in September 2013 deur die trustees, mee. Michelle McLean, Connie Maritz, Selma Shejavali en mnr. Nic Kruger, geskors is en twee maande later afgedank is, het hy hulle vir skadevergoeding van nagenoeg N$14 miljoen gedagvaar vir onder meer sy verlies aan inkomste en pensioenfondsbydraes.

Die trustees voer aan Botes het homself ten bedrae van N$6,7 miljoen wederregtelik verryk deur geld wat hom nie toegekom het nie aan die trust te onttrek. Hulle eis ook 'n verdere N$1 miljoen vir 'n mislukte transaksie waarin 'n versekeringsmaatskappy, Lawsure, gekoop is.

Botes se skorsing het gevolg nadat die MMCT se ouditeure die trustees in kennis gestel het sekere onreëlmatighede het in die trust se boekhouding aan die lig gekom.

McHardy het onder meer getuig Botes het kommissie op BTW terugbetalings van die trust ontvang, wat 'n verdubbe­ling van sy kommissie beteken het omdat hy reeds 'n kommissie op die trust se inkomste verdien het.

Hy het verder getuig die partye se onderskeie rekenkundige deskundiges het verskillende benaderings gevolg wat tot ver­skillende resultate in hul verslae gelei het.

Ten einde hierdie ver­skille aan te spreek, het mnr. Hans Hashagen, 'n vennoot van PWC verbonde aan dié firma se afdeling vir forensiese dienste, en Hardy 'n gesamentlike notule by die hof ingedien waarin die items in dispuut en in ooreenstemming met betrekking tot Botes se eis, gedokumenteer word.

Die basis waarop Botes se kommissie tydens sy dienstydperk by die trust bereken behoort te word, is die groot twispunt tussen die partye.

Volgens die trustees moet sy kommissie op die netto inkomste van die trust bereken word, terwyl dit Botes se saak is dat dit op die bruto inkomste van die trust bereken moet word.

Omdat hierdie ooreenkoms nooit gedokumenteer is nie, sal die hof oor hierdie aspek moet beslis.

Me. Elise Hussenman, 'n voormalige boekhouer van die trust, het gedurende die verhoor getuig indien Botes 30% op die trust se bruto inkomste verdien het, sou dit die trust in 'n baie ongunstige finansiële posisie plaas.

Ter illustrasie het sy gesê indien 'n bruto inkomste van N$500 000 vir bv. 'n golfdag ingesamel is en die uitgawes N$400 000 beloop het, sou Botes se kommissie op N$500 000 bereken word. Hy sou dus N$150 000 verdien, wat die trust N$50 000 in die rooi sou laat.

Senior advokaat Michael Fitzgerald, wat namens Botes opgetree het, het gedurende die verhoor erg kapsie gemaak oor die term “onregmatige toe-­eiening” (­misappropriation) met betrekking tot Botes, wat in Kruger en McLean se getuieverklarings voorgekom het. Volgens hom is die geskil tussen die partye slegs 'n kommersiële dispuut.

Regter Masuku het die verhoor tot 8 November uitgestel wanneer die partye se regsverteenwoordigers die regter agter geslote deure sal ontmoet om op datums vir die partye se finale betoë ooreen te kom.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%