Dippenaar-saak weer uitgestel
Dippenaar-saak weer uitgestel

Dippenaar-saak weer uitgestel

Jessica Botes
Jessica Botes - Die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar is vandag (Donderdag) weer eens uitgestel nadat een staatsgetuie sy getuienis in die streekhof op Swakopmund gelewer het.
Die verhoor sal môre voortgesit word. Landdros Gaynor Poulton het die saak uitgestel om die verdediging die geleentheid te gee om hul kruisondervraging voor te berei.
“Ons is eers om 12:00 deur die staat ingelig dat hul deskundige-getuie nie meer sou getuig nie, dus het ons nie die geleentheid gehad om vir hierdie getuie voor te berei nie. Daar is sekere dinge wat ons onder kruisondervraging wil aanspreek, maar dit behoort nie te lank te vat nie,” het advokaat Louis Botes, wat vir Dippenaar verteenwoordig, gesê.
‘n Versoek vir ‘n uitstel is Dinsdag en Woensdag deur die staat gedoen om aspekte in die deskundige se verslag vir die verdediging uit te klaar. Die staatsaanklaer, me. Faith Chipepera-Nyaungwa, het geen rede gegee waarom die staat se deskundige nie meer sy getuienis sou lewer nie.
Die polisiebeampte wat fotos van die ongelukstoneel geneem het, mnr. Ishmael Murorua, het gister sy getuienis gelewer. Volgens hom is hy deur die ondersoekbeampte, me. Paula Havenga, gevra om die fotos te neem.
“Ek het eers twee dae na die voorval die fotos geneem en teen daardie tyd was daar nie meer puin op die toneel nie. Havenga het vir my na die toneel toe gevat en vir my gewys wat om af te neem,” het Murorua getuig.
Hy het getuig dat daar ‘n opdrand en daarna ‘n afdrand in die pad was waar hy die fotos geneem het.
“Op die foto kan ‘n mens duidelik die opdrand en afdrand van die pad sien. Daarna kan ‘n mens nie meer die pad sien nie,” het hy getuig.
Die ongeluk het op 29 Desember 2014 sowat 12 km voor Hentiesbaai in die rigting van Swakopmund plaasgevind.
Dippenaar en die 19-jarige me. Antonia Joschko, wat saam met haar gesin uit Duitsland in Namibië op vakansie was, is die enigste oorlewendes.
Sy het haar pa, mnr. Walter Helmut Joschko (48), ma, me. Stephanie Dorothea Schemick-Joschko (49), en ouer suster, Alexandra Joschko (19), in die ongeluk verloor.
Die drie passasiers wat saam met Dippenaar in die FJ Cruiser was, mee. Dinah Lavinia Pretorius (30) van Gobabis, Charlene Charne Schoombe (24) van Windhoek en mnr. Jan Carel Horn (27), het ook in die ongeluk gesterf.
Dippenaar staan op ’n klag van roekelose en nalatige bestuur met ’n alternatiewe klag van onbedagsame bestuur, ’n klag van bedrog met ’n alternatiewe klag van verskaffing van valse inligting, ’n klag van bestuur sonder ’n rybewys en ses klagte van moord tereg.

Onderskrif: Mnr. Jandré Dippenaar in die beskuldigde bank van die streekhof op Swakopmund en die verdediging se deskundige-getuie, mnr. Stan Bezuidenhout. Foto Jessica Botes

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!