Dippenaar-saak in limbo
Dippenaar-saak in limbo

Dippenaar-saak in limbo

Mnr. Jandré Dippenaar het tot 2 November kans om 'n prokureur vir die siviele saak aan te stel.
Henriette Lamprecht
Erwin Leuschner



Byna sewe jaar ná 'n grusame motorongeluk naby Hentiesbaai wat die lewens van ses mense geëis het, moet 'n verhoordatum vasgestel word in die siviele saak in die hoërhof.

Die verweerder, mnr. Jandré Dippenaar, moet egter eers 'n prokureur aanstel. Die kriminele saak teen Dippenaar gaan aanstaande maand voort.

Die direktoraat vir regshulp gaan nie 'n prokureur aan Dippenaar voorsien in die siviele regsgeding nie. Hy het tot 2 November kans om sy eie prokureur aan te stel. Volgens die jongste hofbevel sal 'n nuwe verhoordatum op dié dag vasgestel word. Weens die hoë aantal gevalle wat in die hoërhof aangehoor moet word, sal die saak na alle waarskynlikheid eers aanstaande jaar voortgaan.

Aanvanklik sou die siviele saak in Mei afskop, maar is dit uitgestel omdat Dippenaar sonder 'n prokureur in die hof verskyn het. Die rede was dat hy nie langer sy verdedigingsprokureur, mnr. Petrie Theron, kon betaal nie. Theron het hom aan die saak onttrek. Dippenaar het gevolglik begin April 'n aansoek vir 'n prokureur by die direktoraat vir regshulp ingedien wat onsuksesvol was.

Volgens die aansoek “het ons 'n moratorium op die uitverhuur van instruksies aan private prokureurs en beskik ons ook nie oor die kapasiteit om ons eie prokureurs hieroor opdrag te gee nie”.

Volgens 'n verslag wat daarna uitgereik is, voel die verweerder hy beskik “weens die kompleksiteit van die saak” nie oor die kapasiteit om homself te verdedig nie.

Dippenaar benodig daarom “dringend die hulp van 'n prokureur, maar kan dit nie bekostig om een aan te stel nie”.

Hy beoog gevolglik om 'n nuwe prokureur met die hulp van lenings van “banke, vriende en familie” aan te stel.

Weens die kompleksiteit, duur en volume van die saak sal hy ten minste N$150 000 as 'n deposito vir 'n prokureur moet neersit.

Dippenaar word in die siviele saak vir vergoeding van byna N$11 miljoen gedagvaar, afhangend van die uitruilkoers vir die euro.

Die klaagster, me. Antonia Joschko, beskuldig hom daarvan dat hy weens nalatigheid 'n kop-teen-kopbotsing op 29 Desember 2014 naby Hentiesbaai veroorsaak het.

Die Duitse Joschko-gesin was op 'n toer in Namibië en Antonia was die enigste oorlewende van die ongeluk. Sy het haar pa, Markus Joschko (48), haar ma, Stephanie Schermuck-Joschko (49) en suster, Alexandra Joschko (19), in die ongeluk verloor.

Dippenaar wat die bestuurder van 'n wit FJ Cruiser was, het die ongeluk met ernstige beserings oorleef terwyl drie Namibiërs, Dinah Pretorius (30), Charlene Schoombe (24) en Jan-Carel Horn (27) in die ongeluk gesterf het.

Buiten die siviele saak staar Dippenaar ses klagte van moord, roekelose of nalatige bestuur, bedrog en bestuur sonder 'n geldige rybewys in die gesig.

Die kriminele saak begin weer op 18 Oktober in die streekhof op Swakopmund. In dié saak word hy deur mnr. Petrie Theron en advokaat Louis Botes verteenwoordig.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%