Dippenaar-moordverhoor vir byna ’n jaar uitgestel
Landdros Gaynor Poulton het vanoggend die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar in die streekhof in Swakopmund tot 8 tot 12 Oktober en 19 tot 23 November 2018 uitgestel.
Dié uitstel volg nadat me. Faith Chiperera-Nyaungwa, wat die staat verteenwoordig, ná afhandeling van die getuienis van ooggetuie mnr. Paul Oosthuizen, aangedui het dat die staat nie verdere getuies gereed het nie.
Die klagte van moord, roekelose en nalatige bestuur of onbedagsame bestuur, bedrog of die verskaffing van valse inligting en bestuur sonder ’n rybewys waarop Dippenaa tereg staan, spruit uit ’n kop-aan-kop botsing wat op 29 Desember 2014 naby Hentiesbaai plaasgevind het. Ses mense het in dié botsing gesterf: drie lede van die Joschko gesin wat in Namibië op vakansie was en drie passasiers wat in die motor was wat deur Dippenaar bestuur is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie